Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Herschelle in moeilikheid, weer ’n keer
Apr 02 2008 08:16:44:440PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Christo Buchner


Daar was gisteraand geen skop in Herschelle Gibbs se krieketdop nie.

Nadat hy gisteroggend in Johannesburg voor ’n dissiplinêre komitee van Krieket Suid-Afrika (KSA) verskyn het, is sy dag verder versuur toe hy gisteraand in Centurion vir ’n nulletjie uitgehaal is in die Cape Cobras se Pro20-wedstryd teen die Titans.

Dié stoute seun van Suid-Afrikaanse krieket was gister die soveelste keer in sy krieketloopbaan in die sop toe hy aangekla is omdat hy in verlede week se kragmeting met die Dolphins tong uitgesteek het vir ’n toeskouer.

Nadat hy gisteroggend sy saak gestel het, is Gibbs net ernstig berispe en is hy geen verdere straf opgelê nie.

Gisteraand kon hy nie vir die Titans met sy kolf tong uitsteek nie, want hy het slegs vyf balle trotseer voordat hy ’n aflewering van die naatbouler Ethi Mbhalati na punt effe tru gekerf het, waar Faf du Plessis hom uitgevang het.

Gibbs was verlede week ook om die verkeerde rede in die nuus toe hy glo in die vroeë oggendure in Kaapstad vir beweerde dronkbestuur in die polisieselle aangehou en op borgtog vrygelaat is.

Hy moet nog hiervoor teen die middel van die jaar in die hof verskyn.

Van Gibbs se kolfmaats het egter die versneller platgetrap in hul beurt van 165/5 in 20 beurte.

Die aanvangskolwer Andrew Puttick (59, 44 balle, 5 x 4, 3 x 6) en Henry Davids (57, 41 b, 4 x 4, 2 x 6) het goed vuurgemaak onder die tuisboulers.

Soos André Nel (1/30) gisteraand geboul het, is die Indiese kolwers die enigste ouens wat spyt behoort te wees dat hy nie saam met die nasionale span in Indië toer nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |