Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Australië se treurmare duur voort op tuisbodem
Brisbane. – Die treurmare van die wêreld se voorste krieketland, Australië, duur duur voort en daarby ook op tuisbodem. Met die reeksnederlaag teen Indië nog vars in die geheue, sal die kolfvertoning van Australië gister hier op die eerste dag van die die eerste toets teen Nieu-Seeland niks doen om die vertroue in Ricky Ponting-hulle te herstel nie. Australië is vir ’n skamele 214 lopies uitgeboul. As dit nie vir die vegtersbeurt van die middelkolwer Michael Clarke (98) was nie, is die tuisspan gouer en vir baie minder lopies uit. Die Black Caps het die loot gewen en Australië eerste laat kolf, wat in die reënerige toestande ’n baie goeie besluit was. Australië se rug is trouens reeds in die eerste 40 minute deur die 19-jarige swaaibouler Tim Southee geknak. Hy het die aanvangspaar, Matthew Hayden (8) en Simon Katich (10), asook die kaptein, Ponting (4), uitgehaal. Southee het uiteindelik met ’n ontleding van 4/68 in 18 boulbeurte geëindig. Dit is ironies dat Clarke die meeste teenstand met die kolf gebied het, want hy het pas herstel van ’n virusaandoening wat hom in Indië platgetrek het. ’n Duidelik maerder en bleker Clarke het bykans vyf uur lank voor die paaltjies deurgebring en 217 balle trotseer voordat hy die tweede slagoffer van Jesse Ryder geword het. Benewens Clarke was Michael Hussey (35) en Andrew Symonds (26) die enigste ander kolwers wat nie sonder meer bes gegee het nie. In ’n bisarre voorval het Symonds agt lopies van een bal af aangeteken toe hy ’n aflewering van Iain O’Brien oor middebaan gelig het en vier lopies gehardloop het. Toe die bal teruggegooi is na die paaltjiewagter, Brendon McCullum, het hy probeer om Symonds uit te hardloop en dit wyd van die paaltjies geslinger. Dit het grens toe gerol vir nóg vier oorgooilopies. O’Brien het darem in dieselfde boulbeurt laaste gelag toe hy Symonds uitgehaal het. Dit was inderdaad ’n vreemde boulbeurt, aangesien Symonds ook vroeër deur Aaron Redmond misgevang is. Nieu-Seeland het 7/0 met uitskeityd gehad. ) In Kanpoer, Indië. is Engeland in die moeilikheid. Kevin Pietersen en sy makkers het gister hier die derde wedstryd in die kitsreeks teen Indië met 16 lopies volgens die Duckworth/Lewis-metode verloor. Indië loop met 3-0 voor in die reeks van sewe wedstryde. Indië, wat 241 vir die oorwinning moes aanteken, het 198/5 bereik toe swak lig spel gestaak het. Die tuisspan was 16 lopies voor volgens Duckworth/Lewis. Virender Sehwag, Indië se gevaarlike aanvangskolwer, het 68 gemoker. – Cricinfo.com en Reuters
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|