Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Proteas se boulers blink voor reën
Bloemfontein. – Mickey Arthur, afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan, is uiteraard teleurgesteld nadat die eerste toets teen Bangladesj gister in Bloemfontein deur reën kortgeknip is. Dié afrigter was nietemin in sy skik met die klompie boulbeurte wat afgestuur kon word en waarin daar ’n duidelike verbetering onder die boulers was wat nie in die eerste beurt op hul stukke was nie. Die Tiere het gisteroggend op 20/1 in hul opvolgbeurt voortgekolf. Toe die spelers kort ná 12:00 van die veld af is, het hulle 67/3 gehad. Spel is kort ná 15:00 weens ’n sopnat buiteveld afgelas. Bangladesj sal vanoggend met ’n agterstand van nog 221 lopies voortkolf. Die kaptein Mohammad Ashraful (7*) en Mehrab Hossain (0*) is voor die paaltjies. Nog reën word egter vir die volgende twee dae voorspel. Veral Morné Morkel het in gister se klompie boulbeurte weer na sy ou self gelyk nadat sy bouldissipline die vorige dag gelol het. Die einste Morkel het goeie druk bewerkstellig wat gelei het tot die paaltjie van Junaid Siddique (27). Die enigste ander paaltjie van die Tiere wat gister gekantel het, was dié van die aanvangskolwer Tamim Iqbal (20), wat onnodig na ’n wye aflewering van Makhaya Ntini gespeel het. Arthur stem saam Morkel het heelwat beter vertoon. Hy sê die boulers het almal hul kant gebring. “Ek was beïndruk met Makhaya wat om die paaltjies geboul het. Ons probeer dat hy om die paaltjies na die linkerhandse kolwers boul. “Dale (Steyn) moet net meer speel. “Hy is goed genoeg op dreef. Ek is baie tevrede,” het Arthur gesê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|