Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Pietersen wil Ford as afrigter hê
Jan 04 2009 08:46:36:080PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Wie wil nou só 'n afrigter hê? Die Engelse kaptein, Kevin Pietersen, wil glo hê 'n Suid-Afrikaner moet sy span afrig. Foto: Getty Images

Londen. – As Kevin Pietersen sy sin kry, sal daar binnekort nóg ’n Suid-Afrikaner in die bestuurspan van Engelse krieket wees.

Met die Engelse kaptein se stryd teen die afrigter, Peter Moores, word daar nou bespiegel dat hy eerder die voormalige Suid-Afrikaanse afrigter, Graham Ford, aan die stuur van sake wil hê.

Ford, wat Suid-Afrika van 1999 tot 2002 afgerig het, is sedert 2005 die direkteur van afrigting by die graafskap Kent.

Ford het by Natal afgerig toe Pietersen daar gespeel het.

Dit lyk asof Engeland se krieketspan sal moet besluit tussen Pietersen as kaptein of Moores as afrigter, nadat die sterkolwer gevra het dat die “ongesonde verhouding” tussen hulle beëindig word.

Volgens The News of the World, die poniekoerant vir wie Pietersen ’n rubriek skryf, is daar feitlik geen kans dat hulle sal saamwerk op die komende toer na die Wes-Indiese Eilande nie.

Daar is glo geen vertroue tussen hulle nie en pogings deur Hugh Morris, die uitvoerende hoof van Engelse krieket, om vrede tussen hulle te bewerkstellig, gaan glo onmoontlik wees.

Pietersen, wat teruggekeer het van ’n vakansie in Suid-Afrika om Saterdag ’n gesprek te voer met Morris, het behalwe om dit in soveel woorde te sê, gevra dat Moores afgedank word.

“Dit is glad nie ’n gesonde situasie nie. Ons moet seker maak dit word so gou moontlik besleg en beslis voor ons Windies toe vlieg.

“Almal moet dieselfde doelwit hê en in dieselfde rigting trek vir die beswil van Engelse krieket.”

Volgens The News of the World is die weglating van die voormalige Engelse kaptein, Michael Vaughan, nie die rede vir die onenigheid tussen Pietersen en Moores nie.

Dié twee het al glo voor dit ’n onderonsie gehad.

Die voormalige Engelse kaptein, David Gower, glo Pietersen sal die magstryd wen.

“Dit is bietjie van ’n gemors, maar ek glo Pietersen sal kry wat hy wil hê.

“Die Engelse Krieketraad (ECB) sal by sy kaptein staan, want hy is belangrik vir welslae vanjaar en ook vir die volgende paar jaar.”

Nóg ’n voormalige kaptein, Alec Stewart, het gesê dié geskil moet besleg word, “want dit is baie belangrik dat daar eenheid in die Engelse span is”.

Pietersen het oorgeneem as kaptein nadat Vaughan in Augustus bedank het ná die tuisnederlaag teen Suid-Afrika.

Daar was lof vir Pietersen oor die wyse waarop hy Engeland gelei het op die onlangse toer na Indië.

As Moores afgedank word, kan dit die ECB tot soveel as 250 000 pond kos en sal daar geskarrel moet word om ’n nuwe afrigter so kort voor die Windies-toer aan te wys.

Volgens ’n ingeligte bron is daar geen manier waarop Pietersen en Moores kan saamwerk nie.

“As die ECB Pietersen steun, het hy ’n groot probleem met die ondersteuningspan, en as hy die afrigter steun, sal die beste spelers baie ontevrede wees.”

In Moores se se tydperk as afrigter, het Engeland agt toetse gewen, ses verloor en agt het onbeslis geëindig.

Sewe van die oorwinnings was teen lande wat onder Engeland op die wêreldranglys is, naamlik Nieu-Seeland en die Windies.

Die moontlikheid word genoem dat die gewese draaier Ashley Giles, wat nou ’n keurder is, as tussentydse afrigter kan waarneem in die Windies. – Sapa-AP, cricinfo


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |