Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Botha sal maklik inskakel
Jan 05 2009 08:36:51:113PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Joané van der Merwe


Port Elizabeth. – ’n Goeie begin in die komende eendaagse reeks teen Australië sal van groot belang vir Suid-Afrika se krieketspan wees.

“Ons sal dan momentum kan opbou,” het die Warriors se draaibouler Johan Botha gesê voordat hy laat gistermiddag na Australië vertrek het om die Proteas se eendagspan in die plek van die beseerde Graeme Smith aan te voer.

“Ek dink nie dit sal moeilik wees om by die span in te skakel nie,” sê Botha. “Ek het al saam met die ouens gespeel en is positief.”

Botha, wat Sondag die toer met die eerste van twee Twintig20-wedstryde begin, meen die kapteinskap skep meer verwagtinge. Hy glo nie ’n speler is regtig daarop voorberei nie.

“Ek gaan nie dié keer net om te speel nie. Ek het meer verantwoordelikhede, maar ’n mens kan nooit voorspel hoe dinge sal verloop nie,” sê Botha.

“Jy moet probeer om die beste besluite te neem en te glo dat jy op daardie dag jou beste kan lewer.”

Hy het ook gesels oor die kans dat die eendagspan op die toetsspan se welslae kan voortbou. “Australië is die afgelope tien jaar die beste eendagspan en ons het ’n jong span wat hulle nou moet aanvat.

“Dit sal beslis nie maklik wees nie. Ons moet net verbeter en ons jong spelers in internasionale wedstryde ondersteun.

“Ons sal goed doen, want 80 persent van die spelers was in die toetsspan en is aan die toestande gewoond.”

Dit sal die eerste keer wees dat Botha weer in Australië toer nadat hy vir ’n onwettige boulaksie uitgewys is. Hy meen hy keer as ’n sterker speler terug. “Ek is voorbereid.”

Oor die Australiese ondersteuners se moontlike reaksie was hy versigtig. “Dit sal rof wees, maar ek kan nie oor die skare bekommerd wees nie. Ek spits my eerder op my spel toe.”

Botha was een van die Warriors se beter spelers in die MTN-reeks en meen dat sy onlangse goeie spel tot sy vertroue vir die reeks teen Australië bydra.

“Ons span het gesukkel en dinge het nie uitgewerk om die halfeindronde te haal nie,” het hy oor die Warriors se mislukte aanslag in dié reeks gesê.

“Ek weet nie wat ons gaan doen nie, maar ons sal beslis ’n plan moet beraam om ons reg te ruk.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |