Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Proteas se veglus spook steeds by Aussies
Jan 06 2009 08:39:59:670PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Eduan Roos


Sydney. – Die agtereenvolgende terugvegpogings waarmee die Proteas die krieketreeks teen Australië gewen het, is steeds in die tuisspan se agterkop, erken Mike Hussey

“Maar as hulle 376 lopies in die laaste beurt van ’n toets op dié blad kry, verdien hulle om die toets en die reeks met 3-0 te wen,” sê hy.

Suid-Afrika benodig nog 314 om dié wenteiken te bereik. Neil McKenzie (25*) en Hashim Amla (30*) sou vanoggend op 62/1 voortgekolf het.

Die Aussies het gister hul houvas verstewig deur 224 by hul oornagtelling van 33/0 te voeg en die besoekers kort ná teetyd in te stuur.

“Wat in die eerste twee toetse gebeur het, sal dalk in ons agterkop wees, maar ons twyfel nie dat ons kan wen nie,” sê Hussey, wat 45 onoorwonne lopies geslaan het.

Die tuisspan het die Suid-Afrikaners in die toetse in Perth en Melbourne teen die toue gehad, maar toegelaat dat hulle terugveg om die reeks verlede week op die MCG met 2-0 te beklink.

“Hulle sal bewus wees daarvan dat dié blad nie naastenby so goed vir kolfwerk is soos die Waca op die laaste dag nie,” sê Hussey

Matthew Hayden (39) was gister eerste uit voordat Simon Katich en Ricky Ponting ’n flink 72 om die tweede paaltjie opgestapel het.

Ponting (53) was Morné Morkel (2/38) se tweede slagoffer voordat Katich (61) sowat ’n uur voor teetyd deur Dale Steyn (1/60) uitgehaal is.

Volgens Hussey het die skielike verandering in die kolfblad die span genoop om sy beurt vroeër te sluit as wat aanvanklik beplan is.

Die blad het effens makliker as eergister gespeel en het Ponting-hulle se planne in die wiele gery om eers ná ’n voorsprong van 400 die beurt te sluit.

“Ons sal waarskynlik ’n bietjie meer tyd nodig hê om hulle uit te boul as wat ons aanvanklik gedink het,” sê Hussey.

“Die plan was om die ses boulbeurte ná teetyd soos ’n kitswedstryd te benader.”

Die Aussies het in dié tyd 38 lopies gemoker voordat die vertrek van Michael Clarke (41) die beurt tot ’n einde gebring het.

Die besoekers het stewig herstel ná die vroeë verlies van Morkel (0), wat die kolfbeurt in die afwesigheid van die beseerde Graeme Smith begin het.

“Ons wou graag meer as net een paaltjie geneem het, maar ons is steeds in ’n goeie posisie om te wen en moet dié keer net die uitklophou plant,” sê Hussey.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |