Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Dobbelspel met Morné misluk toe
Jan 06 2009 08:39:58:030PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Eduan Roos


Sydney. – Die proeflopie met Morné Morkel as aanvangskolwer het klaaglik misluk, maar met hul kaptein en aanvangskolwer op die beseringslys, sou die Protea-krieketkamp dit weer só doen.

Morkel het sy lang lyf gister hier op die SCG op die vierde dag van die laaste toets aanvangskolwer gehou nadat Graeme Smith se deelname wreed beëindig is toe hy vroeër sy linkerhand gebreek het.

Dié besluit het die wenkbroue laat lig, aangesien die besoekers bykans twee uur lank voor uitskeityd op ’n duiwelsblad teen die Australiese snelboulers moes kolf nadat die tuisspan ’n yslike wenteiken van 376 lopies gestel het.

“Dit was ’n besluit wat ek en Graeme saam geneem het, maar ongelukkig het dit dié keer nie volgens plan verloop nie,” sê Mickey Arthur, die Suid-Afrikaanse afrigter.

Morkel kon net twee aflewerings teen Doug Bollinger staande bly voordat hy op middebaan uitgevang is en die Protea-kleedkamer op 2/1 rondgeskarrel het.

“Ons eerste keuse was om al die kolwers net een plek op te skuif, wat sou beteken dat Jacques (Kallis) op nommer drie moes gaan kolf het. Ons was bang dat sy werklas te swaar sou wees ná al die boulwerk wat hy reeds in die toets gedoen het,” sê Arthur.

“Ons kon ook AB (de Villiers) saam met Neil McKenzie inspan, maar Australië was regdeur die reeks op hul heel gevaarlikste met die nuwe bal en ons het gehoop Morné oorleef die eerste tien boulbeurte.”

Morkel het 40 lopies, die hoogste van sy toetsloopbaan, in die Proteas se eerste kolfbeurt aangeteken en sy vennootskap van 115 saam met Mark Boucher het die span byna gered.

“Ek besef dit was ’n kans wat ons gewaag het, maar dit was steeds die moeite werd, aangesien ons toporde, danksy Neil en Hashim (Amla), ongeskonde gebly het.

Die Australiese kolf-ster Mike Hussey het erken sy span was verbaas oor dié skuif. “Ek weet nie wat die motivering was nie, maar ek is seker die laaste ding waarvoor hy lus gehad het, was om dadelik te gaan kolf nadat hy in albei beurte alles met sy boulwerk gegee het.”

Dié snelbouler het gister sy beste boulvertoning van die toer gelewer deur Hayden en die Aussie-kaptein, Ricky Ponting, uit te haal.

Volgens Hussey sal die tuisspan asem ophou dat Smith nie vandag kolf nie. “Deur hom nie daar te hê nie, is meer as net nog ’n paaltjie in die sakkie.

“Ons is nie seker wat die situasie is nie, maar dit sal ons pas as hy nie kan kolf nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |