Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Dis oorlog, sê Mickey
Jan 06 2009 08:39:56:280PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Waar's die bal? Suid-Afrika se Hashim Amla (links) en Brad Haddin, paaltjiewagter van Australië, koes gister op die vierde dag van die derde toets in Sydney vir 'n bal wat skerp van die blad af opgeskiet het. Foto: Mike Bowers, Gallo Images
Eduan Roos


Sydney. – Die Proteas het nie 14 dae lank bloed gesweet op die toetsveld om op die laaste dag van die krieketreeks boedel oor te gee nie.

Hiermee het ’n veglustige Mickey Arthur, Suid-Afrikaanse afrigter, die Aussies gewaarsku dat hulle hul vandag op die SCG vir oorlog kan regmaak.

“Die ouens sal nie ’n duim terugstaan nie en wat ons betref, is ál drie uitslae (wen, verloor of onbeslis) nog moontlik,” het hy gesê.

“Ons kan ná teetyd nog met ’n teenaanval van ons eie vorendag kom, mits ons die kolfkrag oor het.”

’n Opdraande stryd wag op die toerspan, sou hy nóg ’n hoofstuk by die laaste paar weke se drama wil voeg.

Die span was vroeg vanoggend nog 314 lopies kort van die wenteiken van 376 met net agt paaltjies staande, as die beseerde kaptein, Graeme Smith, nie sou kolf, nie en had die vooruitsig van ’n oorlewingstryd op iets wat meer aan die teiken van ’n paar bomme as ’n kolfstrook herinner.

“Voordat ons kan probeer wen, moet ons egter verseker dat ons nie die toets verloor nie, maar ons visier is op ’n reekstelling van 3-0 of minstens 2-0 ingestel.”

Sou die besoekers ’n onwaarskynlike haas uit die hoed ruk, sal Arthur-hulle die Aussies as toetswêreldkampioen onttroon, die eerste span word wat in 122 jaar skoonskip in ’n reeks Doer Onder maak én boonop die rekord vir die hoogste wenteiken in die geskiedenis van toetse op die SCG behaal.

Dié rekord is met die Proteas se laaste besoek hier, vier jaar gelede, opgestel toe die tuisspan 288/2 aangeteken het.

“Die feit dat ons die reeks reeds gewen het, het beslis ‘n verskil in die kleedkamer gemaak,” het Arthur erken.

“Elke toetssege is ’n reuse-prestasie en ons het verlede jaar ’n duur les in ’n sogenaamde dooie wedstryd geleer.”

Suid-Afrika het die laaste toets in verlede jaar se reeks teen Engeland verloor, wat die glans van die span se eerste reekssege daar in 43 jaar effens laat verdof het.

“Ek was verbaas oor Australië se besluit om vroeër as verwag sy beurt te sluit, maar ek dink Ricky (Ponting) het besef dat die blad dalk nie so moeilik vir kolwers gaan wees as wat almal eers gevrees het nie,” het Arthur gesê.

Die Aussie-kaptein het kort ná teetyd halt geroep om sy boulers meer kans te gee om die Suid-Afrikaners in hul tweede kolfbeurt uit te boul – iets wat hulle nog nie in die reeks kon vermag nie.

“Dit lyk of die blad fermer is nadat die swaarder roller aangevra is en dit is ’n goeie teken.

“Buiten een aflewering na Hashim (Amla), wat hoër as verwag gewip het, het die kolfblad vandag (gister) nie juis enige verrassings opgelewer nie.”

Intussen het Smith die verbroude vangkanse in die Aussies se eerste beurt vir sy span se huidige penarie verkwalik.

Michael Clarke is Saterdag twee keer ’n lewe gegun, waarna hy die besoekers met 138 lopies feitlik uit die toets gekolf het.

“Ons het tot dusver elke kans benut wat na ons kant toe gekom het, maar ietwat slapgelê in dié toets,” het Smith gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |