Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Sluier oor Matthew Hayden se toekoms nog digter getrek
Jan 06 2009 08:39:54:640PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Eduan Roos


Sydney. – Die sluier van geheimhouding rondom Matthew Hayden se kriekettoekoms is gister nog digter getrek.

Daar word die afgelope maand reeds druk bespiegel oor dié 37-jarige aanvangskolwer, wat in Australië se laaste drie reekse kwaai met sy spelpeil gesukkel het.

Hayden se kritici het gister, nadat hy vir 39 lopies in die tuisspan se tweede beurt teen die Proteas uitgehaal is, opnuut sy kop geëis, terwyl die bykans 20 000 toeskouers hier by die SCG hom met sy vertrek staande toegejuig het.

“Matt het nog nie met enige van sy spanmaats gepraat oor die moontlikheid dat dit dalk sy laaste toets kan wees nie,” het Mike Hussey gister geskerm.

“Hy was piekfyn toe ek vinnig met hom gesels het toe ek my beenskutte in die kleedkamer aangetrek het.”

Dit was straks Hayden, wat in 103 toetse ’n gemiddeld van meer as 50 het, se laaste kolfbeurt Doer Onder nadat hy vroeër aangedui het dat hy “ten minstens tot die reeks om die As” in die Aussies se planne wil bly.

Dié span toer aanstaande maand na Suid-Afrika voordat hy middel vanjaar koers kies Engeland toe.

“Matthew is of doodstil of boos wanneer hy uitgehaal word. Gister was hy besonder kalm en het hy skaars ’n woord gesels.

“Hy lyk steeds lus vir lopies en werk harder aan sy spel as ooit tevore. Ons sal beslis ’n swakker span in Suid-Afrika sonder hom wees.”

Hussey het erken dat Hayden se gesukkel die kollig effens van hom weggeneem het.

Dié linkerhandse kolwer, wat danksy ’n gemiddeld van digby 60 in 33 toetse as “Meneer Krieket” gedoop is, kon in die reeks teen die Proteas net 40 lopies in vyf beurte bymekaarskraap voor sy indrukwekkende onoorwonne 45 gister.

Hussey se onlangse gesukkel is in die Internasionale Krieketraad (IKR) se mees onlangse ranglys vir toetskolwers weerspieël. Hy bevind hom nou in die 11de plek nadat hy onlangs nog ’n sterk aanspraakmaker op die eerste plek was.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |