'Gee haar 'n medalje,' sê wenner ná Natalie geskiedenis maak
Aug 20 2008 06:10:09:870AM - (SA)
Beijing. - Toe die afsetter "gereed" roep, het sy haar opgetrek, effe gewaggel...en toe ingeduik.
Natalie du Toit was 'n Olimpiër.
Dié Suid-Afrikaner het Woensdag 16de (uit 25 swemmers wat deelgeneem het) geëindig in die marathon-swem op die Olimpiese Spele in Beijing nadat sy die grootste deel van die 10 kilometer by die voorlopers gebly het.
Du Toit (24) is die eerste swemmer met net een been wat teen nie-gestremdes op 'n Olimpiese Spele deelgeneem het.
Haar tyd Woensdag was 2 uur 49.9 sekondes - sowat 'n minuut en 'n half stadiger as dié van die wenner, die 19-jarige Larisa Ilchenko van Rusland, wat 'n tyd van 1 uur 59 minute 27.7 sekondes opgestel het.
'Gee haar 'n medalje'
Ilchenko het Du Toit ná die tyd geloof omdat die Suid-Afrikaner nie toelaat dat haar gestremdheid haar terughou nie.
"Ek sal selfs so ver gaan om 'n afsonderlike medalje aan haar toe te ken.
"Ek het enorme respek vir haar...dit inspireer 'n mens om net na so 'n persoon te kyk," het Ilchenko deur 'n vertaler gesê.
"Ek vind dit moeilik (dié swemnommer) - en ek het 'n heeltemal ongestremde liggaam," het
Cassandra Patten, wat die bronsmedalje gewen het, gesê.
"Sy (Du Toit) is 'n merkwaardige rolmodel."
Wil vinniger swem
"Ek sal vinniger moet swem," het Du Toit na afloop van die nommer gesê.
"Ek het my bes probeer. Ek's nie te gelukkig daarmee (die tyd) nie, maar ek sal in 2012 terug wees."
Suid-Afrika se Mbulaeni Mulaudzi het later Woensdag vir die volgende ronde van die 800 meter vir mans gekwalifiseer deur tweede in sy uitdun in 'n tyd van 1 minuut 47.64 sekondes te eindig. - Sapa-AFP en Sapa-AP
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|
| |
|
Natalie, 20/08/2008, Chris
Coen, wie de hel dink jy is jy om te se wie hoort waar? As jy nie iets opbouend kan sê nie, hou jou bek !!!
|
|
Natalie, 20/08/2008, Antoinette
Natalie en Khotso, wonderlik en welgedaan. Natalie, vir 'n gestremde persoon om te doen wat jy vermag het, het sowaar moed en deursettingsvermoë gekos. Natalie, jy en Khotso is sterre, en van my kant af kry jy goud. Aan al die atlete wat reeds deelgeneem het, welgedaan, al het julle nie medaljes huistoe gebring nie, die feit dat julle daar was, bewys van julle vermoë. Ons is elkeen geskape om die beste wat ons kan, te lewer, en dit het julle gedoen. Jammer jy het nie deelgeneem nie, ek sou graag wou sien hoe jy gevaar het. Gun tog die atlete 'n plekkie in die son.
|
|
Natalie du Toit, 20/08/2008, Evette Botha
Great stuff, jy het ons land se naam hoog gehou en ek voel trots om te sê 'n great rolmodel vir almal het ons verteenwoordig! Dankie Natalie. Sien jou in 2012 op die podium!
|
|
Natalie , 20/08/2008, Sylvia
Natalie, jy is 'n ster!!! Baie geluk, trots op jou.
|
|
Natalie, 20/08/2008, Hendrik
Wonder net of Coen gekyk het hoe ons ander atlete gevaar het wat nie gestremd is nie, Natalie het bewys dat sy die vermoë het om te kan deelneem en was beslis daar om te wen, en sy het sy het gewen vir talle gestremdes wat nie daar kon wees nie. Miskien neem Coen op die rusbank deel en lewer net kommentaar. Natalie jy is 'n doring mooi so!!!
|
|
Natalie...., 20/08/2008, Ann
JY IS 'N KAMPIOEN 'N WERKLIKE GOUE KAMPIOEN....FANTASTIES HOU SO AAN.
|
|
natalie du toit, 20/08/2008, sonja
Coen, beide Natalie en Khotsho verdien erkenning en publisiteit. Albei het ons trots gemaak - Khotsho met sy silwer en Natalie met haar uitsonderlike gees. Wel gedaan, albei van julle, ons is trots op ons Suid-Afrikaners.
|
|
Natalie, 20/08/2008, Maygene
Natalie, jy is 'n inspirasie vir ons almal. Baie geluk met jou prestasie, jy is 'n wenner in eie reg.
|
|
Natalie - jou wenner!, 20/08/2008, Issy
Jy was reeds vandag 'n wenner nog voordat jy begin swem het, jy is 'n goeie rol-model vir die jong mense dat alles moontlik is as jy jou hart daarop sit. Baie geluk met jou prestasie, ons Suid-Afrikaners is trots op jou. Dankie vir die mens wat jy is.
|
|
Natalie, 20/08/2008, N Kruger
Baie geluk Natalie - jy is 'n ware sportvrou en 'n inspirasie. Jy rock!
|
|
NATALIE, 20/08/2008, Pieter
Mooi so, jy het 9 ander van die beste in die wêreld geklop.
|
|
NATALIE, 20/08/2008, Riana
Natalie baie geluk ons is trots op jou.
|
|
Natalie du Toit, 20/08/2008, Marietjie
Coen jy behoort jou te skaam, om vir Natalie so 'n boodskap te stuur. Sies man wat soek jy nog by die huis. Hoekom gaan jy nie ook spele toe as jy so "GREAT" is nie. Natalie jy is en bly 'n ster en Inspirasie vir enige lewende wese. Dankie.
|
|
NATALIE DU TOIT, 20/08/2008, Carina (Namibia)
Sy het meer moed as 2/3 van ongestremde mense. Met haar deursettingsvermoë sal sy 2012 definitief WEN. FANTASTIES, WONDERLIK en baie baie geluk.
|
|
Natalie, 20/08/2008, Renier van Huyssteen
Wonderlike poging! Hoop jy's terug in 2012!!
|
|
NATALIE, 20/08/2008, Amanda
Natalie is 'n inspirasie vir ons almal! Coen, jy weet nie waarvan jy praat nie. Ek dink nie jy sou eens die afstand in 10 ure kon klaarkry met ALBEI BENE nie!!!
Natalie, ons is baie trots op jou! En ja, ons is net so trots op Khotso!
|
|
NATALIE, 20/08/2008, Stefan
Good Stuff! Enige iemand wat kwalifiseer, hoort by Olimpiese Spele. Wie is enige iemand om te sê sy hoort nie daar nie?
|
|
NATALIE, 20/08/2008, COEN
Jy gaan Olimpiese Spele toe om te wen en nie om deel te neem nie!
Natalie hoort nie daar nie en nou hemel almal haar op oor haar 16de power vertoning.
Khotso verdien beter erkenning en publisiteit!
|
|
Natalie du Toit, 20/08/2008, Lynne Smit
Go Girl!Jesus en ons is trots op jou!!!!!!!
|
|
Natalie, 20/08/2008, Elaine
Jy is absoluut ongelooflik. Baie geluk met jou prestasie (al het jy nie 'n medalje verower nie), jy is n wonderlike voorbeeld vir miljoene mense. Ek is trots om te sê ek is 'n Suid-Afrikaner want ons het so 'n ongelooflike persoon in ons midde. FANTASTIES, NATALIE.
|
|
natalie du toit, 20/08/2008, Tania
Sy is 'n wenner deur en deur. Ongelooflik.
|
|
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
|
|