Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Bok-breier, SA Rugby steeds nie in dieselfde skrum
Mar 13 2008 09:09:39:433PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stephen Nell


Kaapstad. – ’n Diep verdeelde Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sal moet verenig en 100% steun moet verleen aan ’n resolusie om die geskil oor die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, se kontrak op te los.

De Villiers het sedert sy aanstelling in Januarie nog nie ’n kontrak met Saru se sakevleuel, SA Rugby (Edms.) Bpk., gesluit nie.

Die grootste struikelblok is dat SA Rugby weier om ’n klousule in die Bok-afrigter se kontrak te vervat wat hom die finale sê in kies van spanne gee.

SA Rugby voer aan dit is teenstrydig met Saru se Grondwet, wat gewysig moet word.

Daar is vandeesweek in ’n nuusverklaring gesê SA Rugby ondersteun die beginsel ten volle dat De Villiers finale seggenskap moet hê.

SA Rugby het ’n voorwaardelike klousule voorgestel, tot en met die grondwet aangepas word.

Enige hoop dat die saak reeds op 28 Maart by Saru se jaarvergadering met die steun van 75% van die stemgeregtigdes opgelos kan word, het gister gekwyn.

Saru se grondwet stipuleer dat só ’n voorstel 20 dae se kennisgewing verg.

Christo Ferreira, bestuurder van regsaangeleenthede by Saru, het gister gesê die enigste manier om die probleem op te los, is vir Saru om hom tot Klousule 13 van sy grondwet te wend.

“As elke persoon (met stemreg) by die vergadering die resolusie onderteken, sal dit neerkom op ’n wysiging van die grondwet,” het Ferreira gesê.

Jonty Goslett, ’n verteenwoordiger van De Villiers, het bevestig dat dié boodskap aan hulle oorgedra is.

Goslett wou nie kommentaar lewer nie oor ’n vergadering gister met prokureurs waarop daar oor De Villiers se posisie besluit is.

“Ons het ’n besluit geneem, maar wil dit eers aan SA Rugby oordra. Dit sal onprofessioneel wees om dit eers in die media te bespreek,” het Goslett gesê.

Saru sal die handtekeninge van al die stemgeregdigdes op sy vergadering moet kry.

Elkeen van die 14 provinsies sal drie afgevaardigdes hê. Die president, adjunk- en vise-president het óók stemreg.

De Villiers se aanstelling het Saru juis diep verdeel.

Hy is aanbeveel as kandidaat deur die komitee wat onderhoude behartig het.

Die presidentsraad het egter in ’n stormagtige vergadering besluit om te stem.

De Villiers het tien stemme teenoor Heyneke Meyer se nege stemme gekry.

Die verdeeldheid wat met sy aanstelling geheers het, maak dit onwaarskynlik dat afgevaardigdes ’n resolusie sal steun.

De Villiers se standpunt sal vandag bekend gemaak word, maar daar is ontevredenheid omdat hy glo nie dieselfde vergunnings of betaling as sy voorganger, Jake White, kry nie.

Vertrouelinge van De Villiers het vandeesweek gesê hy kan besluit om afstand te doen van sy pos as die geskil nie bygelê word nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |