Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Veelsydige Steyn beman Bulls se laaste vesting
Morné Steyn kan sy middelnaam na veelsydigheid verander, want hy moet môre in Brisbane teen die Reds en ook aanstaande naweek in Rotorua teen die Chiefs die laaste vesting in die Super14-rugbyreeks beman. Steyn se skuif na heelagter in die geskorste Zane Kirchner se plek, is algemeen verwag en die afrigtingspan meen hy sal ook hier die mas opkom. Steyn kan die slagoffer van sy eie veelsydigheid word, wat dit vir hom steeds noodsaaklik maak om eerstens ’n spesialis-losskakel te wees, wat ook kan binnesenter en heelagter speel. Baie mense meen sy heil lê eerder in die nommer 12-trui omdat hy so ’n bedrewe spelskepper is. Dit was opvallend hoeveel vinniger die bal versprei is toe Steyn en Wynand Olivier die senterpaar in die naweek in Pretoria teen die Lions was. Frans Ludeke, die Bulls se afrigter, het ná die tyd saamgestem dat Steyn ’n stewige vertoning gelewer het, maar wil desondanks nie aan hom net as ’n binnesenter dink nie. Pieter Rossouw, die Bulls se agterlyn-afrigter, meen nie dat Steyn se veelsydigheid ’n nadeel behoort te wees nie. Rossouw meen Steyn kan in enige posisie in die agterlyn slaag omdat hy geestelik sterk is en hom maklik by ’n nuwe posisie se verantwoordelikhede en vereistes kan aanpas. Omdat Derick Hougaard uitstekend op dreef is, kan Steyn met sy lang skoppe met die regtervoet ’n verdere taktiese troefkaart teen die Reds wees. Die Bulls hou ook duim vas dat Bakkies Botha in sy tweede wedstryd van die seisoen verdere vonk aan die agttal sal verskaf. Ludeke het Botha verlede naweek geloof vir die verskil wat hy gemaak het en die rustigheid wat hy onder andere by sy slotmaat, Wilhelm Steenkamp, bewerkstellig het. Hoewel die Bulls die uitslag van die vorige Super14-wedstryd teen die Reds nie vandeesweek deel van hul woordeskat wou maak nie, sal die tuisspan steeds nagmerries hê oor wat hulle daardie aand getref het. Die Bulls het 13 drieë in hul rekordsege met 92-3 gedruk en daarmee ’n tuiswedstryd in die halfeindronde verseker. Van die 11 Bulls-spelers wat in daardie oorwinning punte aangeteken het, is dit net Gary Botha, Pierre Spies en Jaco van der Westhuyzen wat nie môre weer op die Reds se senuwees sal werk nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|