Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Die Sharks wil nie net sekere spanne byt
Die Sharks het Maandag in die Nieu-Seelandse hoofstad, Wellington, aangekom vir hul Australasiese toer van vyf wedstryde. Ná die Hurricanes, meet die Sharks met die Highlanders, Brumbies, Waratahs en Crusa?ders kragte.
"Spanne het dit voorheen gedoen, maar met die spelers wat ons nou het, sal ons nie sekere wedstryde uitsonder nie," het die kaptein, Johann Muller, op die Sharks se webwerf gesê.
"Ons probeer om in elke wedstryd so goed moontlik te doen en elke keer te wen. As ons vyf oorwinnings op toer behaal, sal dit fantasties wees."
Daar heers steeds ligte kommer die beserings van die agtsteman Ryan Kankowski (verstuite enkel) en die senter Waylon Murray (knie). Albei het ligte besering in verlede Saterdag se kragmeting met die Reds in Durban opgedoen.
In vandeesweek se oefeninge het Frans Steyn op buitesenter geoefen en die Fransman Frederic Michalak op losskakel. As Steyn buitesenter in Murray se plek speel, sal dit die eerste keer wees dat hy die nommer 13-trui dra.
Daar sal 'n goeie balans tussen wedstryde, oefeninge en ontspanning gehandhaaf word. Die Sharks het dit voorheen ook gedoen en goed op toere vertoon.
Hulle het 'n trotse vertoningslys om te handhaaf.
Die Sharks, wat vanjaar onoorwonne is, was verlede jaar in dieselfde bootjie toe hulle ná ses wedstryde ook onoorwonne was.
Maar hulle het in die sewende wedstryd die kluts kwytgeraak en met 10-21 teen die Brumbies verloor.
Die Sharks, wat vanjaar nog nie in hoogste versnelling gespeel het nie, het die Reds verlede Saterdag met 12 punte geklop.
"Ons het die sindroom van een voet al op die vliegtuig teen die Reds afgeskud. Ons het verlede week glad nie aan die toer gedink nie," sê Muller.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|