Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Cheetahs hou duim vas
Aug 29 2008 10:49:03:707PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pale toe! Heinrich Brüssouw in die Super14-kragmeting vroeër vanjaar met die Western Force in Bloemfontein.Foto:Brendan Croft,Rapport
Pieter Jordaan


Bloemfontein. – Die Vrystaatse Cheetahs sal eers Maandag weet of die baljagter Heinrich Brüssow aanstaande Saterdag teen die Westelike Provinsie in die Curriebeker-rugbyreeks sal kan speel.

Brüssow het sy enkelligamente in die Cheetahs se wedstryd op 25 Julie teen die Valke beseer en is sedertdien ’n toeskouer.

“Ons sal Maandag weet of hy kan speel. Hy is ’n spesiale speler. As daar dus ’n kans is dat hy kan speel, sal ons hom kies,” het Naka Drotské, afrigter van die Cheetahs, gesê.

Drotské, wat sy span in ’n gedugte eenheid in die Curriebeker-reeks saamgesnoer het, sal wel nie sy naels kou as Brüssow nie kan speel nie. Sy losvoorspelers het uitgeblink in verlede Vrydagaand se sege oor die Leeus in Johannesburg.

Kabamba Floors en Hendro Scholtz het as flankpaar gewys die Cheetahs kan sonder Brüssow suksesvol by die afbreekpunte wees.

Die Leeus is juis ’n span wat goed is by die afbreekpunte waar hul kaptein, Cobus Grobbelaar, weekliks ’n doring in sy teenstanders se vlees is.

Boonop het die jong agtsteman, Duane Vermeulen, weer sy beste spelpeil bereik in die wedstryd teen die Leeus.

Sy kraglopies was ’n faktor, terwyl hy telkens die Leeus se lugskoppe soos ’n wafferse heelagter uit die lug gepluk het.

’n Fikse Brüssow is nietemin ’n seker keuse vir die Cheetahs en ’n moontlike tweestryd tussen hom en twee van die huidige Springbok-span se flanke kan moontlik aanstaande Saterdag ’n werklikheid word.

Die Springbokke se Drienasies-veldtog eindig vandag en die Bok-spelers kan van aanstaande naweek af Curriebeker-rugby speel.

Daar is dus ’n moontlikheid dat die WP die flanke Schalk Burger en Luke Watson kan kies.

As Brüssow reg is en die Cheetahs se Bok-flank Juan Smith keer terug, kan ’n vuurwarm losvoorspelerstryd in die Rosestad verwag word.

Drotské het vandeesweek bevestig die Cheetahs se losskakel, Chris Rossouw, sal reg wees vir die WP-stryd nadat hy ’n harde stamp teen sy kop teen die Leeus gekry het.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |