Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Smith ook uit toets
Londen. – Suid-Afrika se rugbyspan durf Engeland môre sonder sy staatmaker-skrumskakel Fourie du Preez en die flank Juan Smith aan. Du Preez sukkel al die laaste week met ’n bobeenspier-besering en Smith het harsingskudding teen Skotland opgedoen. Die spanbestuur het die media nie van Smith se besering vertel nie, miskien in die hoop dat ’n wonderwerk sou gebeur en hy tog teen Engeland losgelaat kon word. Peter de Villiers, die Springbokke se afrigter, het gister gesê die belange van die speler kom eerste. “Hy keer vanaand (gisteraand) terug. Dit is ’n besluit wat ons moes neem. “Daar is dinge wat belangriker is as rugby. Hy het ’n paar keer vanjaar harsingskudding opgedoen,” het De Villiers gesê. Smith word deur Danie Rossouw vervang. Die stut Jannie du Plessis, wat hom Maandag by die span aangesluit het, sak môre op vaskop in die plek van John Smit wat terugskuif haker toe. Du Plessis is in die beginspan omdat Brian Mujati se skouer nog seer is. “Brian het ’n besering wat nog lol,” het De Villiers gesê. “Ons werk om hom reg te kry. Dit sal onregverdig wees om hom met die besering aan die diep kant in te gooi.” De Villiers het gesê die vaskopstut CJ van de Linde is genader ingeval Mujati nie betyds herstel nie. “CJ van der Linde is naby. As Brian nie fiks verklaar word nie, sal CJ hom vervang. Ons het hom gevra om hom gereed te hou. “Ons sal maar moet sien hoe dit met Brian gaan. Ons mediese span sê Brian sal reg wees,” het De Villiers gesê. Terwyl die Bokke met die verlies van Smith spoed en hoë werkverrigting prysgee, bring Rossouw besondere baldra-vaardighede. Engeland het juis klem op sterk baldraers gelê met die kies van sy span. “Wat ons in ervaring prysgee, kry ons in entoesiasme terug,” het De Villiers gesê. Die slot Bakkies Botha is vol vertroue sy boesemvriend sal ’n impak maak. “Ek dink nie dit gaan ons negatief beïnvloed nie,” het hy oor Smith se onttrekking gesê. “Hy (Rossouw) is een van die beste baldraers in wêreldrugby. “Ek en Danie speel al saam sedert ek sewe jaar oud is. Ek het baie vertroue in hom,” het Botha gesê. Die Bokke verwag voorlangs ’n groot aanslag van die Engelse en daarom het hulle hul plaasvervangersbank met voorspelers gelaai. Hul ekstra voorspeler op die bank is die nuweling Heinrich Brüssow. Smit, die Bokke se kaptein, kan nie uitgepraat raak oor Brüssow se entoesiasme nie. “Heinrich was fantasties. Die ouens wat nie speelkans kry nie, kan besluit om negatief te wees en dinge moeilik vir die ander maak, of hulle kan hulle in die oomblik inleef. “Heinrich was soos ’n kind op Oukersaand. Dit is amper asof sy insluiting te lank gevat het om te gebeur. Jy kon sy entoesiasme op die oefenveld sien,” het Smith gesê. Suid-Afrika se span is: Conrad Jantjes; JP Pietersen, Adrian Jacobs, Jean de Villiers, Bryan Habana; Ruan Pienaar, Ricky Januarie; Pierre Spies, Danie Rossouw, Schalk Burger; Victor Matfield, Bakkies Botha; Jannie du Plessis, John Smit (kaptein), Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, Brian Mujati, Andries Bekker, Ryan Kankowski, Heinrich Brüssow; Frans Steyn, Jaque Fourie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|