Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
All Blacks verlig oor Woodcock
Cardiff. – Die Nieu-Seelandse rugbyspan het laat eergisternag ’n sug van verligting geslaak nadat ’n tugkomitee bevind het geen verdere optrede is nodig teen die stut Tony Woodcock nie. Hy sal dus môre op sy pos wees in die Grand Slam-toets teen Wallis hier in die Millennium-stadion. Dit sal na verwagting die All Blacks se strafste toets wees. Woodcock is uitgewys vir die vuishou wat hy verlede naweek in die toets teen Ierland in Dublin geplant het. Hoewel hy deur die skeidsregter, Mark Lawrence van Suid-Afrika, koelkas toe gestuur is, het die betrokke uitwysbeampte steeds gemeen dit was eerder ’n oortreding wat ’n rooi kaart regverdig het. Woodcock is gevolglik aangekla, maar ’n tugkomitee van die Internasionale Rugbyraad (IRR) het bevind die geel kaart was genoegsame straf vir sy oortreding. Vir die All Blacks was dit baie goeie nuus omdat hulle ’n reuse-aanslag van die Rooi Drake in die skrums verwag. Corey Flynn, die plaasvervanger-haker vir die toets teen Wallis, het sy linkerarm in die wedstryd teen Munster in Limerick gebreek. Hy word deur Hikawera Elliott in die 22-tal vervang. Flynn is die tweede All Black-haker wie se toer vroeg beëindig is. Andrew Hore, Nieu-Seeland se voorste haker, is weens ’n ernstige enkelbesering huis toe gestuur nadat hy in die vierde minuut van die Bledisloebeker-toets teen Australië in Hongkong van die veld af is. Die All Black-keurders het hul sterkste beskikbare span vir die toets teen die Drake gekies. Die enigste verandering in die beginspan is op buitesenter, waar Richard Kahiu die beseerde Conrad Smith (lies) vervang. Nieu-Seeland se span is: Mils Muliaina; Joe Rokocoko, Richard Kahui,Ma’a Nonu, Sitiveni Sivivatu; Daniel Carter, Jimmy Cowan; Rodney So’oialo, Richie McCaw (k), JeromeKaino, Ali Williams, Brad Thorn, Tony Woodcock, Keven Mealamu, Neemia Tialata. PLAASVERVANGERS: Hikawera Elliott, John Afoa, Anthony Boric, Kieran Read, Piri Weepu, Stephen Donald, Isaia Toeava. – Reuters
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|