Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Botha wil wen op Twickenham
Londen. – Moeg, tam, voos, uitgeput, noem dit wat jy wil, maar dít is simptome wat die Springbok-rugbyspan beslis nie môre hier op Twickenham teen Engeland sal lamlê nie. Dié versekering is gister deur die span se kaptein, John Smit, en die vuurvreter-slot Bakkies Botha gegee nadat hulle die hele week deur die Britse media daaroor gepols is. Die afrigter, Peter de Villiers, het aan die begin van die week gesê dit sal moeilik wees om die spelers te motiveer omdat hulle so moeg is aan die einde van die seisoen. “Daar is ’n duisend verskonings waaraan ons kan dink afhangende van wat Saterdagaand gebeur,” het Smit gesê. Smit het vinnig enige twyfel uit die weg geruim dat sy span Londen toe gekom het om moeg te voel. “Dit is wat ons doen om ’n bestaan te maak. Ons het ’n gawe gekry om op die hoogste vlak vir ons land te speel. Ons word daarvoor betaal, maar ons verantwoordelikheid is nie teenoor onsself nie. “As spelers reeds een voet op die vliegtuig het met só ’n ingesteldheid, beteken dit hulle gee iemand anders die geleentheid om hul plek in te neem,” het Smit gesê. “Ons is beslis nie uitgeput nie,” het Botha gebulder. “Ons is professionele spelers en die taak is nie afgehandel voordat die eindfluitjie geblaas het nie. “Dit is waar karakter tel. Om alles enduit te gee. “Ek glo in my hart ons sal nie op die veld draf met ’n ingesteldheid dat dit die einde van die jaar is nie. “Dit bly tog ’n eer om vir die span te speel. “Gee liewer jou trui vir iemand wat 100 persent sal gee as om te speel en net 60 persent te gee. “Wanneer jy daai trui oor jou kop trek, moet jy 100 persent gretig wees,” het Botha gesê. Smit het gesê seisoene, veral vir die spelers wat aan albei kante van die ewenaar speel, oorvleuel in elk geval. “Ons is nou verby die stadium waarin ons aan die einde van die jaar dink, want die seisoene hou regoor die wêreld aan. “Die groot motiverende faktor is dat ons teen ’n span speel teen wie ons baie oor die laaste twee jaar gespeel het. “Die laaste keer toe ons hier gewen het, het ons ’n baie jong span gehad. “Daar is egter ook spelers wat nog nooit op Twickenham aan die wenkant was nie,” het Smit gesê. Botha is een van hulle. “Dit is ook een van my doelwitte om op Twickenham ’n toets te wen. Dit is my laaste 80 minute van die jaar,” het Botha gesê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|