Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Kleurryke sêgoed lok
Londen. – Soos elke ander sportsoort, is rugby een waar taal en die betekenis van woorde tot die uiterste getoets word, ’n tempel vir die cliché. Dis ’n spel van twee helftes, tussen vier lyne. Een van intimidasie, van voor sag maak en agter hard slaan. Julle weet wat ek bedoel. Peter de Villiers wend die holrugfrase aan met die dieselfde oorgawe as die grotes onder die grotes. Met een verskil. Elke nou en dan slaan hy jou met ’n voorhamer in die harsings met ’n sêding wat jou laat regop sit. Wat? Het ek reg gehoor? Nee, dit kan nie wees nie! Soos die keer toe ’n Walliese joernalis voor die toets in Bloemfontein aan hom gevra het of hy ’n sekere speler gaan kies: “Maybe I will still pull a rat out of the hat.” De Villiers is veral lief vir Bybelse metafore wat hy taamlik onsuksesvol inspan. Soos dié onvertaalbare juweeltjie: “What we try to tell them (the players) is when you point your finger into the sky don’t concentrate on the finger because you’ll miss all the heavenly glory out there. Concentrate on the heavenly glory that you can bring.” Huhh? Met sulke kleurryke sêgoed, was dit dus geen verrassing dat daar gistermiddag weer ’n groot kontingent Engelse joernaliste by die Bokke se hotel opgedaag het om te hoor hoe onse Peter die Koningin se Engels deurmekaarklits nie. Dinge het maar flou begin. Juan Smith is nie vir die span oorweeg nie, omdat hy harsingskudding opgedoen het, behalwe dat De Villiers daarna verwys het as “konkazzin”. Maar, hei. Dis beswaarlik ’n doodsonde. Baie erger het al oor die lippe van Rudolf Straueli gekom. Maar toe kry ons man nuwe wind. Dit was ’n kwaai jaar vir jou, wou een van die Fleet Street-manne weet, slim genoeg om nie die woorde “video” of “seks” oor sy lippe te laat glip nie. Moeilike jaar? Watwou, het De Villiers teruggekap. “Hei, ek hou van die kritiek. Dit maak my só sterk.” Die versoeking was té groot en die man van Fleet Street het teruggeskiet met ’n fyngemikte opvolgvraag: “Só jy lees alles wat oor jou geskryf word?” De Villiers: “Nee! Ek het te veel om te doen. Sommige mense moet werk ook! Om koerante te lees, sal net my aandag aftrek.” Die versamelde joernaliste kon nie help om te giggel nie. So wat doen ons almal hier, as die man wat so versot is op ons kritiek nie eens tyd het om die gif wat uit ons penne vloei, te lees nie? Maybe I will still pull a rat out of the hat. Hei, ek hou van die kritiek. Dit maak my só sterk.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|