Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Bokke kan op hoë noot afsluit
Londen. – Die Springbokke dra swaar aan hul kroon as wêreldkampioen, maar hulle kry vandag teen Engeland op Twickenham die geleentheid om die jaar op ’n hoë noot af te sluit én om 2009 met selfvertroue tegemoet te gaan. Behalwe twee merkwaardige seges oor hul vernaamste teenstanders in die Suidelike Halfrond, was vanjaar maar ’n middelmatige een vir die Springbokke. Hulle kry egter vandag die kans om hulle te meet teen die span wat twee keer in hul pad tot Wêreldbeker-glorie gestaan het. Die Springbokke het Engeland toe twee maal redelik maklik getroef en ’n jaar later in die Engelse herfs skep die blare op die grond die indruk dat daar ook elders veranderings op pad is. Martin Johnson, Engeland se nuwe afrigter, is besig om span te bou en as hy in dié proses nog met opgerolde bouplanne en ’n potlood agter die oor rondstap, dan kort die Bok-span net ’n laag verf. Die spelers wat die Wêreldbeker-oorwinning vir die Bokke moontlik gemaak het, se teenwoordigheid kan kwalik misgekyk word en tog pas die standaarde wat hulle vanjaar handhaaf meer by spanne onder hulle op die wêreldranglys. “Die grootste teleurstelling vanjaar was nie soseer die wedstryde wat ons kon gewen het nie, maar die feit dat ons ons plek bo-aan die wêreldranglys prysgegee het,” het die Springbok-kaptein, John Smit, toegegee. Die Springbokke draf vandag teen ’n span uit wat dalk in die toekoms in iets besonders kan ontwikkel, maar wat nou aan ervaring ontbreek. Hulle moet dié voordeel vandag behoorlik uitbuit. Die Bokke is wel sonder die skrumskakel Fourie du Preez en die flank Juan Smith en al het hulle in onderskeidelik Ricky Januarie en Danie Rossouw uiters begaafde plaasvervangers, is dit nietemin ’n slag. “Fourie is ’n speler van gehalte,” het die Bokke se hulpafrigter Dick Muir gesê. “Enigiemand met sy ervaring sal gemis word. Ricky is besig om ervaring op te doen en hy bring ’n ander dimensie na die wedstryd,” het Muir gesê. “As jy enigiemand wat in 50 toetse gespeel het verloor, is dit ’n slag,” het die voorspeler-afrigter, Gary Gold, gesê. “Ons is egter uiters bevoorreg in Suid-Afrika dat ons in sekere posisies baie diepte het,” het hy oor Rossouw gesê. Daar is vandeesweek gegis dat die Bokke tam is en dat fokus vir dié toer ontbreek. Hul vertonings in Cardiff en Edinburg was onoortuigend, maar daar is vandag die geleentheid om dinge reg te stel. Gold besef die vertonings in die eerste twee wedstryde op toer was nie goed genoeg nie. “Ons het onsself effens in die steek gelaat met die twee oorwinnings op toer. Ons moes Wallis uit die wedstryd gespeel het toe ons met 20-3 voorgeloop het en ons het Skotland ook ’n kans gegun. Teen Engeland wil ons die kersie op die koek sit.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|