Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheid vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Habana moet net dieper speel
Nov 21 2008 09:54:42:837PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Te oordeel aan dié breë glimlag, gaan Bryan Habana homself vandag ten koste van Engeland geniet. Foto: Duif du Toit, Gallo Images
Hennie Brandt


’n Klein tegniese probleem, en nie tamheid of ooreising nie, is die rede waarom die Springbok-vleuel Bryan Habana deedae op die aanval en verdediging sukkel om sy stempel in toetse af te druk.

Die gewese Bok-vleuel Pieter Hendriks, wat Suid-Afrika in 1995 op die Wêreldbeker-wenpad geplaas het toe hy in die openingswedstryd op Nuweland om David Campese van Australië gehardloop het, sê hy weet wat Habana moet doen om weer die drieëvraat van ouds te word.

“Hy het net ’n klein tegniese probleem wat reggestel moet word. Hy speel te vlak en plaas daarmee baie druk op homself. Hy kan dit regstel deur twee of drie meter dieper op die aanval te staan sodat hy meer tyd en ruimte vir homself kan skep.

“Almal teen wie hy deedae speel, weet wat hy doen. Dit is professionele spanne en hulle het mense wat deeglike video-ontledings oor sy spel doen.

“Hulle het uitgewerk wat om te doen om hom te neutraliseer deur net ’n bietjie dieper te speel en wyer op die verdediging te staan.

“En omdat hy so vlak speel, begaan hy foute wat die druk op hom vererger omdat hy die bal en man gelyk kry en balle aanslaan.

“Deur dieper te speel, kan hy met systappe om sy man kom. Hy het wel baie rugby gespeel, maar tamheid is nie die probleem nie.” sê Hendriks.

As dit by verdediging kom, sê Hendriks Habana het dieselfde probleem met sy vlakspelery.

“Bryan se eerste ding op die verdediging is om die bal tussen die buitesenter en die vleuel te probeer onderskep. Sy teenstanders het dit agtergekom. Al wat hulle doen, is om ’n bietjie dieper te speel.

“As sy onderskeppoging nie werk nie, klop die aangee en die bal hom en bevind hy hom in niemandsland.

“Dan moet hy omdraai om sy man te probeer vang en is dit heeltemal te laat.

“Dis hoekom almal deesdae dink sy teenstander hardloop om hom.

“Hy doen dit omdat hy drie-honger is. Hy moet daarvan vergeet en op die verdediging eerder as op sy man fokus en seker maak hy bly aan die binnekant van sy teenstander.

“Dit kan alleen werk as hy dieper staan,” sê Hendriks.

Hendriks stem wel met ander kritici saam dat Habana vaart ingeboet het.

“Bryan het heeltemal te groot geword omdat almal ’n obsessie het om spiere met gimnasiumwerk te bou. Jy klop vaart net met vaart. As jy dit verloor, is jy dood.

“Hy moenie nou gaan rus nie, maar moet vaartwerk doen om sy spoed terug te kry,” sê Hendriks, wat met 89 drieë die drie-rekord vir Transvaal en die Leeus hou.

Hy hou met 38 drieë ook die Curriebeker-rekord vir dié unie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |