Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
SA se blitse dalk na Spele
Kaapstad. – Sewesrugby gaan straks as een van die Olimpiese sportsoorte op die Spele in Londen gesien word. Só het die toernooidirekteur van die Internasionale Rugbyraad (IRR) se sewesreeks, Beth Coalter, in die afgelope naweek by die IRR se sewestoernooi in George gesê. Volgens Coalter werk die voorsitter van die IRR, Bernard Lapasset, baie hard sodat sewesrugby as een van die Olimpiese sportsoorte aanvaar kan word. Die IRR verwag om teen 9 Oktober 2009 reeds ’n antwoord van die Internasionale Olimpiese komitee (IOK) te kry. “Daar is ’n moontlikheid dat ons dalk reeds in 2012 sal kan deelneem. Die wenners sal nie medaljes kry nie, maar sal aan vertoonwedstryde deelneem,” het Coalter gesê. “As die proeflopie in Londen slaag, is daar ’n sterk moontlikheid dat dit op die Spele van 2016 ’n amptelike sportsoort sal word.” Coalter glo as sportsoorte soos handbal en BMX as Olimpiese sportsoorte aanvaar word, kan sy nie sien hoe die IOK nie ’n plek vir sewesrugby op die Spele kan vind nie. “Met sewesrugby kry jy twee dae van baie opwindende aksie. Op die Spele in Beijing het die groot stadion dikwels leeg gestaan. Toe sewes op die Statebondspele in Melbourne gespeel is, was die stadion vol. Die profiel van sewes sal aansienlik gelig word op ’n Spele. Die deelnemende lande sal boonop die ondersteuning van hul regerings kry,” het Coalter verduidelik. Oor die Wêreldbeker-reeks in Doebai het sy gesê: “Ná verlede week se toernooi in Doebai het ons weer gaan kyk hoe ons dinge verder kan verbeter. Benewens die 24 manspanne gaan ons ook 16 vroue-spanne by die Wêreldbeker-toernooi hê. ) Intussen is die Springbok-afrigter, Peter De Villiers, vol lof vir die Blitsbokke ná hul uitstekende sege oor Nieu-Seeland in die eindstryd van die IRR-toernooi in George. Dit was die Blitsbokke se tweede agtereenvolgende oorwinning nadat hulle in die vorige week in Doebai met Engeland in die eindstryd afgereken het. Suid-Afrika het nou ’n voorsprong van 12 punte. “Paul se span was ongetwyfeld die beste by die toernooi. Die span se fiksheid, vaardighede, veelsydigheid, deursettingsvermoë en besluitneming was uit die boonste rakke,” het De Villiers gister in ’n verklaring gesê. “Dié span se uitstekende begin in dié seisoen se reeks kan toegeskryf word aan die impak wat die sentrum vir uitnemendheid in Stellenbosch gemaak het. Die harde werk daar het reeds vrugte afgewerp. Dis verreweg die fiksste Springbok-sewesspan wat ek nog gesien het,” sê De Villiers.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|