Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Duik Bulls, McFarland dalk terug
Die veelbesproke John McFarland kan in die afsienbare toekoms sy pligte as verdedigings-afrigter van die Super14-rugbyspan van die Bulls hervat. Dit is ’n feit dat McFarland terug in Suid-Afrika is en hy is gister reeds by Loftus Vers?feld opgemerk toe die Bulls met hul voorbereiding begin het. Dit sal dus nie verbaas as McFarland reeds vandag by die Bulls se eerste veldoefening van die jaar ook kom oë wys nie. Die Blou Bulle-Maatskappy (BBM) het dit by wyse van ’n mediavrystelling bevestig dat hy en McFarland besig is om oor ’n nuwe kontrak te onderhandel. Volgens Barend van Graan, uitvoerende hoof van die BBM, sal “ons uit ons pad gaan om weer van John se dienste gebruik te maak. Ons het die hoogste agting vir sy vermoë en beskou hom as die wêreld se beste verdedigings-afrigter.” Volgens Van Graan het McFarland se persoonlike omstandighede die afgelope tyd sodanig verbeter dat hy hopelik eersdaags weer by die Bulls sal kan inval. McFarland was laat verlede jaar baie in die nuus toe hy sonder verlof van die BBM in Engeland agtergebly het waar hy by sy ouers gaan kuier het. Hy het voor sy vertrek wel “bedank”, maar dit is ’n ope geheim dat die BBM regstappe vir kontrakbreuk teen McFarland oorweeg het. Alle aanduidings tóé was dat hy van plan was om sy loopbaan onder Heyneke Meyer by die Engelse Premierliga-klub Leicester voort te sit. Toe Meyer, wat voor Frans Ludeke die sweep by die Bulls en Blou Bulle geklap het, verlede jaar as die Tigers se nuwe hoofafrigter aangestel is, was daar uit die staanspoor sprake dat hy agter McFarland aan is. Dit was immers Meyer wat McFarland oorgehaal het om Suid-Afrika vir Brittanje te verruil en ’n pos by die BBM te aanvaar. Volgens Ian Schwartz, die BBM se mediabestuurder, is suksesvolle kontrakonderhandelings met McFarland aan enkele voorwaardes onderhewig. Hy wou nie meer daaroor sê nie, maar ’n mens kan aanvaar dat McFarland eers vir die uitreik van ’n nuwe Suid-Afrikaanse werkpermit wag. Hy kan natuurlik ook om permanente verblyfreg aansoek doen omdat hy met ’n Suid-Afrikaanse burger getroud is. McFarland sê in die mediavrystelling dat die afgelope agt jaar saam met die Bulle ongelooflik was.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|