Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Mitchell-sondes is vergewe
Jan 05 2009 08:36:46:660PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
John Mitchell dink diep. Foto: Paul Kane, Getty Images

Perth. – John Mitchell is voorlopig terug in die tuig as hoofafrigter van die Western Force se rugbyspan nadat dié Super14-franchise beperkings teen hom opgehef het.

Dié gewese afrigter van die All Blacks sal egter eers weet wat sy lot is wanneer die verslag van ’n voormalige regter van die hooggeregshof in Wes-Australië, Robert Anderson, aan die Wes-Australiese Rugby-unie (Waru) voorgelê word.

Anderson het klagtes van sowel spelers as beamptes van die Force teen Mitchell ondersoek.

Dié klagtes het die Waru voor geen ander keuse gelaat nie as om onder meer Mitchell se toegang tot die spelers te beperk.

Mitchell het gister toegegee hy het baie tyd gehad om te dink en het tot die besef gekom dat hy sy weë sal moet verander.

“Dit was ’n interessante, uitdagende en verrykende tydperk van 40 dae,” het Mitchell aan rugbyskrywers gesê.

“Ek erken ek is nie volmaak nie en sal my leierskapstyl moet verfyn.

“Ek is oortuig daarvan dat ons ons geskille kan bylê en die nuwe seisoen as ’n verenigde groep kan aandurf.”

Mitchell se kontrak met die Waru verstryk einde 2011.

) ’n Gewese afrigter van die Wallabies het weer sy mond oor die proefreëls uitgespoel.

Eddie Jones, deesdae direkteur van afrigting van die Engelse Premierliga-klub Saracens, het ná die nederlaag teen Gloucester gesê die proefreëls bevorder nie mooi rugby nie. “Die beste span het wel vandag (Saterdag) gewen, maar met watter soort rugby? Beslis nie die soort wat toeskouers verkies nie.”

Volgens Jones het dit al hoe moeiliker vir skeidsregters geword om die reëls toe te pas. Soveel klem word byvoorbeeld op die belangrikheid van ’n billike stryd by die afbreekpunte gelê dat etlike ander oortredings ongesiens verbygaan.

“Die groot rede vir die huidige geploeter lê by die reëls, want die spelers en skeidsregters is net so goed soos wat hulle ’n jaar gelede was.

“Die proefreëls het die spel tot so ’n mate benadeel dat dit moeilik is om rugby in die ware sin van die woord te speel,” het Jones bygevoeg. – AAP en AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |