Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Sewes-rugby was SA se suksesstorie in 2008
Jan 05 2009 09:01:20:017PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Doellyn toe! Robert Ebersohn in aksie verlede jaar teen Skotland in Doebai. Foto: Duif du Toit, Gallo Images
Adnaan Mohamed


Kaapstad. – Die Suid-Afrikaanse sewes-rugbyspan was een van die suksesstories van 2008.

Die Blitsbokke was vir groot opwinding verantwoordelik deur die eerste twee toernooie van die Internasionale Rugbyraad (IRR) se sewesreeks – in Doebai en George – te wen.

Die span het al drie keer in Doebai gewen, maar dit was die eerste keer in tien jaar dat die span dié toernooi in Suid-Afrika gewen het.

Voor die toernooi in Doebai het die afrigter, Paul Treu, staatmakers soos Fabian Juries, Jonathan Mo?kuena, Kabamba Floors, Schalk van der Merwe, Stefan Basson en MJ Mentz verloor. Boonop moes hy sonder die dienste van sy ervare kaptein, Neil Powell, en Marius Schoeman klaarkom.

Die afrigter van die Blitsbokke moes inderhaas ’n groep jong spelers bymekaar skraap. Onbekende spelers soos Philip Snyman en Kyle? Brown is van die nuwelinge wat na vore getree het. Benewens Gio Aplon en Renfred Dazel, was die 19-jarige Robert Ebersohn ook een van die groot suksesstories.

Treu het ook raakgevat toe hy die charismatiese Mzwandile Stick gekies het om die span aan te voer.

Stick het sy ongelooflike temperament uitgestal toe hy onder geweldige druk ’n doelskop in die halfeindstryd teen Fidji in die Doebai-toernooi behaal en bykomende tyd afgedwing het.

Dié 24-jarige speler het koelkop gebly en met ’n skepdoel in bykomende tyd sy span tot die eindstryd laat deurdring.

Die Suid-Afrikaners het toe met die gedugte Engeland afgereken. Engeland het Nieu-Seeland in die halfeindronde uitgeskakel.

In George het die Blitsbokke die moeilikste paadjie van almal gehad toe hulle met Engeland, Fidji en toe Nieu-Seeland onderskeidelik in die kwarteind-, halfeind- en eindstryd moes afreken ten einde die toernooi te wen.

Al was die Suid-Afrikaanse spelers baie kleiner as hul teenstanders, het hulle nie ’n oomblik in die kontaksituasies teruggedeins nie en met slim taktiese spel oor hul teenstanders getriomfeer.

Nieu-Seeland het verlede seisoen die reeks oorheers met ses seges uit agt toernooie, maar Suid-Afrika is nou in ’n gunstige posisie met 40 punte ná twee toernooie. Nieu-Seeland het 28, gevolg deur Engeland en Fidji op 24.

Die volgende twee van die agt IRR-toernooie vind op 6 en 7 Februarie in Wellington, Nieu-Seeland, en op 14 en 15 Februarie in San Diego, VSA, plaas.

Een van die groot hoogtepunte vanjaar is die Wêreldbeker-toernooi van 5 tot 7 Maart in die nuwe Sevens-sta?dion in Doebai.

Die aksie skuif dan op 27, 28 en 29 Maart na Hongkong.

Op 3, 4 en 5 April volg Adelaide in Australië.

Engeland kom op 23 en 24 Mei aan die beurt en die laaste toernooi is op 30 en 31 Mei in Skotland.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |