Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Prins William se Kate, Branson-kroos in SA
Kate Middleton, prins William se meisie, het die naweek stil-stil in Suid-Afrika aangekom. Sy het eergister omstreeks 08:00 met vlug VS 601 van Virgin Atlantic op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg geland. Beeld was die enigste media daar. Saam met haar was sir Richard Branson, superryk eienaar van die Virgin-groep, se seun, Sam (21), en dogter, Holly (24). Prins William was nie saam nie. Hulle was deel van ’n geselskap van sowat 24 jong mense wat glo na Suid-Afrika gekom het om Branson jr. se mondigwording te vier. Die groep het almal saam by die aankomssaal se deure uitgestap. Middleton (24) het ’n salmkleurige truitjie, nousluitende blou broek en bruin leerskoene aangehad. Sy het weinig grimering gedra en haar hare het los en effens gekrul op haar skouers gehang. Daar was geen teken van ’n lyfwag of assistent nie en sy het self haar bagasie hanteer. Lede van die publiek het feitlik geen kennis van haar geneem nie en bykans niemand het haar herken nie. Middleton en me. Branson het ’n versoek van Beeld om oor hul besoek te praat, beleef van die hand gewys. Middleton was ontspanne en het met die ander jong mense in die groep gestaan en gesels terwyl hulle vir van hul vriende gewag het. Nadat hulle ’n paar minute op die lughawe vertoef het, het hulle in ’n bus, wat buite gewag het, vertrek. Een van die vroue in die groep het aan Beeld gesê hulle gaan “op safari”. ’n Lugwaardin van Virgin Atlantic het bevestig Middleton was op die vlug, maar wou niks meer oor die groep sê nie. Me. Melanie Wynne-Jones, ’n passasier op die vlug, het gesê die Branson-kindes en Middleton het eersteklas gevlieg en die vriende het op verskillende plekke in die vliegtuig gesit. “Holly het in ’n stadium in die gang afgeloop en al die vriende kom haal om saam met hulle ’n drankie in die eersteklas-kroeg te gaan geniet. Maar ons het Kate nie tydens die vlug gesien nie. Eers nadat ons geland het, het ek haar opgemerk waar sy soos ’n enige ander mens vir haar bagasie staan en wag het.” Volgens Wynne-Jones het die lugwaardinne baie aandag aan die Bransons gegee, “maar hulle het hul glad nie soos bedorwe, ryk kinders gedra nie – hulle was net vriendelik en ontspanne”.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|