Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Die mens 'kan kanker van biosfeer word'
Aug 06 2002 10:01:04:170PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die mensdom kan maklik die kanker van die biosfeer word as hy nie 'n meer beskeie lewenstyl aanvaar nie, het prof. Erik Holm, lid van die Gondwana Alive-vereniging, Dinsdag gesê by die begin van 'n bewusmakings- en opvoedingsveldtog deur wetenskaplikes.

Holm het gesê die tyd is min. "Die ark is vol gate. Hy lek." Die mensdom sit met die probleem dat 'n groot deel van die biodiversiteit op aarde uitgewis kan word as daar nie nou iets gedoen word nie.

Net onder insekte sterf sowat 100 spesies per dag uit as gevolg van die manier waarop die mens leef.

Holm sê driekwart van wat in die verbruikersamelewing verbruik word, is nie nodig nie.

Hy het gepleit om 'n eenvoudiger lewenstyl waarvan die standaard nie gemeet word aan hoeveel elektrisiteit 'n mens gebruik nie. Die waardes moet verander sodat diegene met die meeste luukses nie die helde is nie, maar waar 'n kultuur van belesenheid en skepping hoog geag word.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |