Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Kind breindood
Só het 'n huilende mev. Charmaine Naude, ouma van Jandre Botha (4), Vrydag gesê kort nadat sy verneem het haar stiefdogter, me. Hannelie Botha (29) en dié se minnares, me. Thea de Nysschen (31), is Vrydagmiddag deur lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Vereeniging in hegtenis geneem. Naude, van Mokopane (Potgietersrus) het gesê sy en haar man, Johan, is verpletter oor die gebeure van 3 Junie vanjaar toe Jandre se "lewelose" liggaampie omstreeks 23:00 by die Medi-Clinic in Vereeniging ingedra is nadat hy na bewering só erg aangerand is dat hy breindood was. Hy is die nag in die waakeenheid opgeneem maar die volgende dag na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gebring waar 'n noodoperasie op hom uitgevoer is. Hy is op 12 Junie aan sy beserings dood. Hy het nooit sy bewussyn herwin nie. Mnr. Jan Botha van Marble Hall, Jandre se pa, het Vrydag gesê hy en sy gewese skoonouers het vir bykans twee jaar "verbete" geveg om Jandre by sy ma en haar lesbiese vriendin weg te kry. "Ons het by howe aangeklop, prokureurs ten duurste betaal, maar elke keer het ons ons teen 'n muur vasgeloop." Hy vertel hy moes magteloos toekyk hoe sy seuntjie glo mishandel word. Jandre is kort ná Kersfees 2001 na bewering met 'n gholfstok in die gesig geslaan. "Toe ek hom gaan haal, het ek die merk op sy wangetjie gesien. Die merk was met onderlaag toegesmeer." De Nysschen is destyds vrygespreek op aanklag van aanranding. Botha het gesê hy is "verlig" dat die vroue "uiteindelik" in hegtenis geneem is. "Maar ek is bitter. Niks kan ooit weer my seuntjie terugbring nie. Ek sukkel om te vergewe en ek kan nooit vergeet nie." Hy het gesê hy hoop dieselfde regstelsel wat hom vir jare gefaal het, gaan nou reg en geregtigheid laat geskied. Botha het gesê hy was "byna waansinnig" toe De Nysschen hom op 12 Junie vanjaar bel en sê: "Jou kind is dood." Sy het die telefoon daarna in sy oor neergesit. "Ek het Vereeniging toe gejaag en soos 'n mal ding na my kind se lyk begin soek. Met die hulp van mev. Ronel Coetzee, senior staatsaanklaer in Vereeniging, het ons later sy lyk in Diepsloot opgespoor. "Dit was 'n verskriklike gesig. My seuntjie se hele lyfie was blou." De Nysschen was Vrydag merkbaar geskok toe insp. Veronica Banks aan haar die lasbrief oorhandig. "Word ek vir moord in hegtenis geneem? Ek dog dan die saak is afgehandel?" het De Nysschen gevra. Me. Botha het in trane uitgebars waarna De Nysschen haar probeer troos het en Banks gesmeek het om haar vriendin in vrede te laat. Banks het geantwoord sy moet albei vroue in hegtenis neem omdat die polisie nie weet wie vir Jandre se dood verantwoordelik is nie. De Nysschen het gesê: "Ek sal al die skuld op my neem. Sê maar dis ek. Los net asseblief vir Hannelie uit. Sy sal dit nooit in die tronk maak nie." Die twee vroue sal Maandag in die hof in Vereeniging verskyn. Coetzee het gesê die staat gaan borg teenstaan.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|