Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Sake op plase dalk bekyk ná werkers se klagtes
Dít kom nadat 'n NHTL-afvaardiging in Mpumalanga klagtes aangehoor het van plaaswerkers wat glo sleg behandel word. Mnr. Sibusiso Nkosi, woordvoerder van die NHTL, het gesê die afvaardiging het die Inkosi Mthethwa-gemeenskap in die Piet Retief-distrik verlede week besoek en klagtes aangehoor. Sommige plaaswerkers beweer hulle kry elke maand net 'n sak mieliemeel as vergoeding vir hul werk. Nog bewerings sluit die onteiening van werkers se vee in. Party werkers het ook gekla hulle word nie volgens die nuwe minimumloonstelsel betaal nie en op sommige plekke verdien hulle net R300 per maand. Nkosi het gesê die NHTL was "uiters geskok" ná die besoek. "Dit is verskriklik dat sulke optrede teen plaaswerkers steeds aan die orde van die dag is, tien jaar nadat ons 'n demokratiese land geword het." Volgens hom is die NHTL baie skepties oor of plaaswerkers in die komende verkiesing sal kan stem of nie. Die afvaardiging het nie met die plaasarbeiders se werkgewers gepraat nadat die klagtes aangehoor is nie, het Nkosi gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|