Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Onteien boere, vra Grondloses
Só het mnr. Molefe Pilane, lid van die nasionale raad van die Beweging vir Grondlose Mense (BGM), Dinsdag gesê. Volgens hom word die grondhervormingsproses in Suid-Afrika "gevange gehou" deur boere wat die prys van hul grond opstoot.
Die BGM is ook beswaard omdat hule glo dat die regering nie die grondhervormingsproses 'n prioriteit maak nie. "Dit is eenvoudig: as boere nie hul grond vir hervorming wil verkoop nie, moet die regering hulle daarvan onteien," het Pilane gesê. Hy het gesê 'n ondersoek oor grondeisekommissies in die land is dringend nodig. Dít volg nadat mnr. Nceba Nqana , grondeisekommissaris van Mpumalanga, geskors is nadat hy na bewering grond aangekoop het vir meer as die gewaardeerde prys. "Dit is nie 'n gë?soleerde voorval nie. Dit weerspieël slegs wat in die res van die land se grondeisekommissies aangaan," het Pilane gesê. Hy wil hê dat 'n onafhanklike ondersoeker aangestel word om vas te stel of kommissarisse in ander pro vinsies ook grond aankoop vir meer as waarvoor dit gewaardeer is. "Dit is ook nodig om te weet waarom boere die prys van hul grond so baie opstoot." Pilane het gesê die laaste gesprek wat hulle oor grondhervorming met die regering gehad het, was in Januarie. Mnr. Patrick Mojapelo , ondervoorsitter van BGM, het gister aan Sapa gesê die regering het slegs 3% van Suid-Afrika se grond gedurende die afgelope tien jaar versprei. "As die regering beloftes maak wat hulle nie kan hou nie, sal die mense se woede tot uiting kom. Ons wil hê dat die regering by hulle beloftes hou want as hulle dit nie doen nie, sal ons vernietigend optree," het hy gesê. mlouw1@beeld.com
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|