Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Boer by plaashek doodgeskiet
Oct 01 2004 10:37:50:430PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Makhado (Louis Trichardt). - 'n Groep jagters van Gauteng het hulle Donderdagnag onwetend midde-in 'n plaasmoord-drama bevind toe die boer van die plaas waar hulle die naweek kom jag het, by sy plaashek doodgeskiet is.

Die moord op mnr. Martin Armitage (66, gesigfoto) kom volgens vriende twee dae nadat hy glo wilddiewe, wat vlakvarke met honde gejag het, gekonfronteer het. Hy het ook onlangs gehoor daar is 'n grondeis op sy plaas.

Armitage, wat op die plaas Melkhoutkoppies geboer het en 'n onderneming, Bandelierkop Fencing, van daar bedryf het, is vermoedelik omstreeks 23:00 doodgeskiet nadat hy en vriende by die Lalapanzi-hotel gaan eet het.

Volgens mev. Inga Gillfillan van die hotel is Armitage en sy vriende omstreeks 22:30 daar weg.

'n Man wat 'n woonstel op Armitage se plaas huur en slegs bekend wil staan as Jack, het Vrydag omstreeks 06:00 op Armitage se lyk by die plaashek afgekom. Hy het 'n skietwond in sy bolyf gehad.

Sy bakkie het 'n paar meter van die hek gestaan.

Daar was sleepmerke op die toneel wat volgens die polisie daarop dui dat sy lyk óf weggesleep is van waar hy geskiet is óf dat hy elders geskiet is en daar gelos is.

Jack het teruggery na die plaasopstal waar hy op die groep jagters afgekom het. Hulle was van die jagkamp dieper die plaas in op pad na Armitage se huis.

Mnr. Johan Schoeman, 'n beroepsjagter wat die afgelope vier jaar al jagters na Armitage se plaas bring, het gesê hy en sy vyfjarige dogtertjie het die vorige aand omstreeks 20:00 op die plaas aangekom.

Die plaashek het soos gewoonlik oopgestaan en hulle is reguit na die jagkamp toe, aangesien Armitage vroeër gesê het hy gaan vir die aand uit.

Armitage het alleen gewoon, maar het glo gereeld saam met vriende gekuier.

Schoeman het gesê die groep jagters het omstreeks 23:30 op die plaas aangekom.

Mnr. Niall McKinley, een van die jagters, het gesê toe hulle by die plaashek aankom, was dit toe.

Nóg 'n jagter, mnr. Joggie Wiehahn, het gesê hulle het die bakkie in die pad sien staan en aangeneem dit het sonder brandstof gaan staan.

By nadere ondersoek Vrydagoggend is gevind dat daar by Armitage se huis ingebreek is. 'n Flits wat vermoedelik uit die huis geneem is, is in die bosse naby die lyk gevind.

Behalwe die kluis se sleutels wat vermis word, lyk dit volgens die polisie nie of enigiets anders vermis word nie.

Armitage het glo Vrydag geld gaan trek vir sy werkers se salarisse.

Teen Vrydagmiddag was die aanvallers volgens die polisie nog op vrye voete.

Die polisie soek na minstens vier verdagtes.

mfourie2@beeld.com

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |