Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Pretoria stem dalk oor naam
Feb 09 2005 10:35:16:383PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Inwoners van die Jakarandastad sal moontlik in 'n referendum hul sê kan sê oor dié stad se voorgestelde naamsverandering.

Beeld het betroubaar verneem dat die navorsingsverslag oor die voorgestelde naamsverandering van Pretoria aanbeveel dat die burgemeesterskomitee van die Tshwane-metroraad in 'n demokratiese stemming die openbare steun vir die naamsverandering toets. Dit sou moontlik tydens die komende munisipale verkiesing of in 'n referendum gedoen kon word.

'n Span kundiges onder leiding van prof. Mzo Sirayi van Unisa het in November verlede jaar hul verslag aan vader Smangaliso Mkhatshwa, burgemeester, oorhandig.

Mkhatshwa het verlede jaar gesê opposisiepartye sou afskrifte kry om hulle voor te berei op 'n bespreking van die verslag tydens die raad se maandvergadering in Januarie.

Die bespreking is egter met 'n maand uitgestel en opposisiepartye sukkel steeds om die verslag in die hande kry.

Mnr. William Baloyi, Mkhatshwa se woordvoerder, wou nie kommentaar lewer op 'n moontlike referendum nie. "Die verslag is nog nie deur die raad aanvaar nie en ons kan daarom nie kommentaar lewer op die inhoud nie," het hy gesê.

Mnr. Fred Nel, DA-leier in die metro raad, het gesê die ideaal is dat die status quo behou word.

"Dan is 'n stemming nie eens nodig nie."

Hy het gesê as die ANC egter aanhou met die planne vir 'n naamsverandering, sal dit beslis 'n verkiesingskwessie word. "Ek weet nie of dit prakties is om dit saam met die munisipale verkiesing te hou en of die Onafhanklike Verkiesingskommissie daartoe sal instem nie."

Nel het gesê die DA meen dat die besluit moet berus by die inwoners van Pretoria en nie dié van die groter Tshwane nie.

Die VF+ wou ook weet wie in 'n moontlike referendum sou stem. "Eintlik kan só 'n saak nie bloot deur die meerderheid beslis word nie," sê mnr. Willie Spies, woordvoerder. "Soms moet die minderheid se wil juis in ag geneem word ter wille van inklusiwiteit, want dit is 'n minderheid wat andersins vervreem word."

Mnr. Bafana Sibisi, voorsitter van die ANC se Tshwane-streek, wou nie kommentaar lewer nie, aangesien dié streek eers in die naweek die saak in 'n bosberaad gaan bespreek.

  aslabbert@beeld.com

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |