Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Knap vrou neem oor
Jun 23 2005 02:47:21:540AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Zuma se opvolger aangewys
  • Zuma se opvolger aangewys
  • Mlambo-Ngcuka 'se kop moet waai'

  • Jan-Jan Joubert

    Kaapstad. - 'n Bekwame en sjarmante vrou, hoog gerespekteer, nederig, 'n mens met 'n sagte plekkie vir werkers, iemand wat Suid-Afrika se belange voorop stel - maar ook iemand met foute.

    Dít was gister van die kommentaar uit politieke en vakbondkringe oor mev. Phumzile Mlambo-Ngcuka, aangewese adjunkpresident van Suid-Afrika.

    Verwysings na die feit dat haar man, adv. Bulelani Ngcuka, die vorige direkteur van nasionale vervolging, van die eerste bewerings gemaak het wat gelei het tot die val van haar voorganger, mnr. Jacob Zuma, is gister deur mnr. Joel Netshitenzhe geantwoord met die stelling dat sy as individu gemeet word aan haar bydrae tot die land eerder as met wie sy getroud is. Zuma het Ngcuka by geleentheid al beskuldig dat hy 'n vete teen hom voer.

    Op vrae of die aanstelling nie die teorie bevorder dat Zuma se afdanking en vervolging op korrupsieklagte op politieke oorwegings berus nie, het Netshitenzhe ongewoon woedend gereageer.

    "Die regering verwerp die bewering dat die regsproses misbruik word met die minagting wat dit verdien. Die bepalings van die grondwet en wetgewing is duidelik.

    "Die regering is verbind tot die regstaat. Om die onafhanklikheid van die land se instellings te bevraagteken is om die integriteit van die demokratiese staat te ondermyn."

    Mlambo-Ngcuka het met haar aanwysing die vrou geword wat tot dusver die hoogste sport in die Suid-Afrikaanse politiek bereik het.

    Pres. Thabo Mbeki het die aankondiging dat hy haar as adjunkpresident aanstel, gister binne 4 min. gedoen en padgegee sonder om enige vrae op die mediakonferensie te beantwoord soos beplan is.

    Hy het dit in Netshintenzhe se hande gelos.

    Die nuwe adjunkpresident word vanmiddag om twee-uur by Tuynhuys in Kaapstad deur hoofregter Pius Langa ingehuldig, saam met die nuwe minister van minerale en energie en die twee nuwe adjunkministers.

    Mlambo-Ngcuka was gister op besoek aan Madagaskar, maar sal betyds terugkeer.

    Mbeki se beloofde kabinetskommeling was kleiner en van 'n veel laer profiel as verwag.

    Die nuwe minister van minerale en energie is nóg 'n vrou, me. Lindiwe Hendricks, tot dusver adjunkminister van handel en nywerheid.

    Twee nuwe adjunkministers van handel en nywerheid is uit die geledere van die ANC-LP's aangestel: me. Elizabeth Thabethe en dr. Rob Davies.

    Reaksie op Mlambo-Ngcuka se aanstelling was oor die algemeen uiters positief, met klem wat geplaas is op haar prestasies as minister van minerale en energie. Sy het onder meer bekendheid verwerf oor hoe sy die handves vir die transformasie van die mynbedryf tot algemene aanprysing gehanteer het.

    Die wolk voor die son vir opposisieleiers en ontleders is haar broer se beweerde betrokkenheid by die ontvouende Oilgate-bewerings en dat PetroSA, wat betalings aan die maatskappy Imvume gedoen het wat glo na die ANC gekanaliseer is, deels aan haar departement rapporteer.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |