Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||
|
Grondbesit in SA dalk beperk
Nicolize Mulder Die hoeveelheid grond wat rykes, insluitend Suid-Afrikaners, mag besit, gaan moontlik deur die regering aan bande gelê word. Volgens gister se uitgawe van die weeklikse ANC-nuusbrief ANC Today oorweeg die regering dit om voorstelle te doen om grondbesit te beperk en só 'n einde te maak aan "die monopolie van rykes rakende grond." Mnr. Steyn Speed, ANC-woordvoerder, het gister bevestig dít is deel van die standpunt wat die regering volgende week na die tafel van die nasionale grondberaad gaan neem. Volgens Speed verwys die stellings oor rykes in ANC Today na rykes in die algemeen en nie net na buitelanders oor wie se grondbesit daar nou al geruime tyd gemor word nie. Die ANC het reeds vroeër gevra vir 'n moratorium op buitelandse grondbesit. Me. Thoko Didiza, minister van landbou en grondsake, wou haar nie vroeër vandeesweek hieroor uitlaat nie en het gesê dis iets wat die ANC as party na die beraad moet bring. "Die regering stel veranderings aan bestaande wetgewing en beleid voor oor plaasgroottes. Die argument is dat dít doeltreffende lewering van grond sowel as die toetrede van opkomende swart boere aan die mark buite die grondhervormingsprogramme beperk. "Die regering oorweeg dit om voorstelle te maak oor 'n plafon op grondbesit as teenvoeter vir die monopolie van rykes op grondbesit. 'n Paneel is saamgestel om te kyk of en hoe buitelandse grondbesit 'n invloed het op grondhervorming, buitelandse belegging en grond- en eiendomspryse." Geen verdere besonderhede word gegee hoe grondbesit moontlik beperk sou word nie. Dr. Dirk du Toit, adjunkminister van landbou en grondsake, het vroeër dié week opgemerk dat die herverdeling van grond nie net in terme van hektaar gemeet kan word nie omdat 'n hektaar landbougrond in die Noord-Kaap nie met een in KwaZulu-Natal vergelyk kan word nie. Die regering sê voorts in sy voorstelle vir die beraad dat Suid- Afrika 'n aktiewe mark vir grond het wat geleenthede bied vir doeleindes van grondhervorming. Die regering behoort saam te werk met grondloses, grondeienaars en ander rolspelers om sistematiese bepalings van grondbehoeftes vir elke gebied te doen. Daar moet met grondeienaars onderhandel word om genoeg geskikte grond beskikbaar te stel teen 'n bekostigbare prys. "Waar onderhandelings nie vlot nie, moet onteiening ingespan word ingevolge die voorskrifte van die Grondwet en wetgewing oor grondhervorming. "Die Grondwet maak voorsiening vir onteiening in openbare belang . . . waar dit onderhewig is aan billike vergoeding wat 'n balans weerspieël tussen die openbare belang en die belange van dié wat geraak word.' "
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|