Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

SA kort Zim-oempf, sê Phumzile
Aug 10 2005 10:22:28:560PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Mugabe gee 6?600 soldate grond, erwe
  • Mugabe gee 6?600 soldate grond, erwe
  • Graan SA ontsteld oor besluite op grondberaad
  • Graan SA ontsteld oor besluite op grondberaad
  • Onteiening kan SA versoenkleed lostorring - Leon
  • Onteiening kan SA versoenkleed lostorring - Leon

  • Alet Rademeyer en Liezel de Lange

    Adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka het gister in Pretoria die spot gedryf met die Zimbabwiese grondhervormingsbeleid op 'n konferensie oor afstandsonderrig.

    Sy het skertsend gesê Suid-Afrika kan by Zimbabwe leer oor grondhervorming.

    Volgens haar is daar baie mense in Suid-Afrika wat glo die proses is te stadig en daarom het dit straks 'n bietjie "oemf" nodig. "Miskien kan ons van Zimbabwe leer hoe om dit vinniger te doen," het sy onder 'n gedempte gelag gesê. "Miskien het ons 'n bietjie vaardighede van daar af nodig."

    Mnr. Murphy Morobe, kommunikasiehoof in die presidensie, het gisteraand by navraag gesê hy het met Mlambo-Ngcuka oor haar opmerkings gepraat. "Dit was lighartige opmerkings, hoewel dit oor 'n ernstige onderwerp gehandel het. Te midde van oproepe dat ons eie grondhervormingsproses versnel word, is daar beslis lesse te leer uit Zimbabwe se ervarings."

    Dr. Kraai van Niekerk, DA-woordvoerder oor landbou, het in sy reaksie gesê die regering is te blameer vir die stadige vordering met grondhervorming, en dat Zimbabwe die beste voorbeeld verskaf van hoe om dit nie te doen nie.

    "Die adjunkpresident behoort nie oor sulke dinge grappies te maak nie. Haar amp vereis gebalanseerde en verant woordelike openbare gedrag.

    "Of probeer sy nou populisties optree nadat sy op Vrouedag in KwaZulu-Natal uitgejou is?" wou Van Niekerk weet.

     Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het gister net gewag vir die finale groen lig van Zimbabwe af voordat sy vragmotors met 37 t noodvoedselvoorraad en byna 5 000 komberse uit Johannesburg sou vertrek, berig Neels Jackson .

    Die noodvoorraad is bestem om die lot te verlig van duisende Zimbabwiërs wat dakloos gelaat is nadat die regering hul wonings vernietig het in die omstrede "opruimingsaksie" Operasie Murambatsvina.

    Die sending sou al vroeg verlede week vertrek het, maar dit is onverwags vertraag toe Zimbabwiese owerhede aangedring het op dokumente wat sertifiseer dat die mielies nie geneties gemanipuleer (GM) is nie. Hulle was ook nie tevrede met 'n brief van die verskaffers wat verklaar dat dit nie GM-milies is nie.

    Past. Ron Steele van die Rhema-Bybel kerk het egter gistermiddag gesê dat hy gisteroggend danksy die departement van landbou die gevraagde sertifikaat gekry het. Hy het dit deurgefaks na Zimbabwe en seker gemaak dat dit aan die ander kant ontvang is.

    Steele het gesê hulle wag net vir die finale goedkeuring uit Zimbabwe en dan sou die vragmotors kon vertrek. Die noodvoorraad sal in Harare aan die Zimbabwiese kerke se noodlenigingsvleuel Christian Care oorhandig word wat dit verder sal versprei.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |