Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Afrikaans se taalstryd hoort saam met res, sê ANC-blad
Jorisna Bonthuys Kaapstad. - Die stryd om Afrikaans te beskerm en te bevorder, behoort samelopend gevoer te word met die stryd om ander inheemse tale te bevorder, sê die ANC. Dié onderwerp is gister bespreek in die jongste uitgawe van ANC Today, weeklikse internetnuusbrief van die regerende party. "Terselfdertyd kan die stryd om Afrikaans te beskerm en te bevorder nie dien as grondslag vir die volgehoue uitsluiting van die meerderheid Suid-Afrikaners wat betref toegang tot onderwys en ander geleenthede nie," lui die artikel. "Ter viering van die 130ste jaar van die ontwikkeling van Afrikaans, moet Suid-Afrikaners kragte saamsnoer in die stryd om al die land se inheemse tale te bevorder. Dit sluit Afrikaans en Afrika-tale soos die Khoi, Nama en San-tale in wat deur kolonialisme en apartheid afgeskeep en ingekort is." Dié uitlatings kom nadat die ANC vroeër vandeesweek verjaardagwense uitgedeel het aan die Afrikaanse taal, wat verlede naweek sy 130ste bestaansjaar gevier het. Dié gebeurtenis bied luidens dié artikel 'n kans vir Suid-Afrika om opnuut sy taalerfenis onder die soeklig te neem. Mnr. Smuts Ngonyama, ANC-woordvoerder, het Maandag in 'n verklaring hieroor hulde gebring aan die prestasies wat behaal is met die ontwikkeling van Afrikaans as 'n inheemse Afrika-taal sedert die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 gestig is. Die GRA het volgens hom 'n sleutelrol gespeel om die status van Afrikaans te verhef tot 'n geskrewe taal wat internasionaal erkenning geniet. Die ANC het hom gister opnuut verbind tot pogings om Afrikaans, net soos die ander Suid- Afrikaanse tale, te beskerm en te bevorder. In dié artikel word onder meer verwys na 'n optog wat Afrikaanssprekende studente eergister in Pretoria gehou het oor wat hulle bestempel as die "doelbewuste en geleidelike afskaffing van Afrikaanse onderrig". Dié optog benadruk luidens die artikel opnuut die ingewikkelde uitdagings wat betref taalkwessies waardeur Suid-Afrika tans in die gesig gestaar word. Alle Suid-Afrikaners behoort luidens die artikel in staat te wees om onderrig in die taal van hul keuse te ontvang. "Terselfdertyd moet onderriginstellings studente afkomstig uit ge meenskappe wat gedurende apartheid uitgesluit was van dié instellings, tegemoet kom."
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|