Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Duur standbeeld loop deur onder vandale se verf
Sep 15 2005 12:38:03:230AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Marietie Louw

Makhado (Louis Trichardt). - Vandale het eergisternag die splinternuwe standbeeld van koning Makhado, stamhoof van die Vendas, in die oranje, wit en blou kleure van die ou Suid- Afrikaanse landsvlag geverf.

Die vandale het ook die spreilig waarmee die pas onthulde beeld verlig word, met twee skote stukkend geskiet.

Die bronsbeeld is verlede week opgerig as deel van Erfenismaandvierings in die provinsie en is sowat 'n kwartmiljoen rand werd.

Gemoedere het hoog geloop en inwoners van die dorp het saamgedrom by die toerisme- inligtingsentrum, langs die N1- hoofweg, waar Makhado se standbeeld pryk.

Koning Toni Mphephu Ramabulana, koning van die Vendas, het trane in sy oë gehad terwyl hy na die beeld gestaar het. "Ek voel beledig. "

Mnr. Joe Maswanganyi, Limpopo se LUR vir sport, kuns en kultuur, het 'n beroep op die dorp se mense gedoen om nie toe te laat dat die daad verdeeldheid in die gemeenskap veroorsaak nie. "Só 'n daad het die potensiaal om probleme te veroorsaak. Ons vra die mense om bo dit uit te styg en nie toe te laat dat dit moeilikheid veroorsaak nie."

Dié daad kom 'n week nadat die Pretoriase hooggeregshof beslis het dat die dorp se naam Makhado moet bly en nié terugverander word na Louis Trichardt nie.

Mnr. Rhulani Nkuzana , burgemeester van Makhado, het gister by die geverfde standbeeld gesê dat hy hom skaam vir dié vandalistiese daad.

"Mense moet onthou dat geen hoeveelheid verf ons geskie denis kan wegverf nie. Ons ge skiedenis is in ons harte," het hy gesê.

Volgens hom is die standbeeld se verwery duidelik die werk van mense wat nie glo dat Suid-Afrika aan alle mense behoort nie.

Polisielede het die gebied gefynkam vir vingerafdrukke en het gipsafdrukke van voetspore rondom die beeld gemaak.

Mnr. Daan Enslin, 'n sakeman van die dorp, het gesê 'n groep sakemense sal betaal vir die skoonmaak van die beeld.

"Wat gebeur het, gee die dorp 'n slegte naam. Ek skaam my dat dit gebeur het."

Kapt. Mashudu Malelo , polisiewoordvoerder in die Vhembestreek, het gesê daar sal nou heeltyds 'n veiligheidswag aan diens wees by die beeld.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |