Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Grondprojekte mors R100 m. in Limpopo
Marietie Louw Nkowakowa. - Sowat 70 grondhervormingsprojekte in dié landelike gebied buite Tzaneen in Limpopo het sedert 1997 tot 2002 klaaglik misluk. Die verliese beloop sowat R100 miljoen. Dié feite het gister aan die lig gekom nadat lede van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) van die projekte besoek het. Die NRP het vandeesweek 'n week lange sitting in Limpopo. In reaksie hierop het me. Thoko Didiza, minister van landbou en grondsake, gister in die Tivumbeni-sentrum in Nkowakowa gesê dat dié gebied uiters arm is en al lank met probleme sukkel. Volgens haar verander die opset by van dié grondhervormingsprojekte sodra die mense hul intrek neem. "Ons is bewus van die probleme en ek wil vir lede van die NRP sê dat ons sal teruggaan na die mislukkings en dit regmaak." Mnr. Maans Nel van die DA het gister in 'n verklaring gesê dat daar vinnig ingegryp sal moet word met grondeise in Limpopo. "Die regering kan nie net begunstigdes op plase los en hulle geen geldelike of enige ander hulp gee nie." Didiza is gistermiddag oorval deur vrae van boere en begunstigdes van grondhervormingsprojekte. Een vrou van Nkowakowa het gesê die projek waar hulle woon, is al in 2001 aan hulle gegee. "Die hele plaas is vol bosse, ons kan nie daar werk nie. Ons wil werk en daarom moet die regering ons weer kom help." Nóg 'n vrou het gesê dat sedert hulle deur 'n grondhervormings program 'n stuk grond bekom het, kan hulle ook nie werk nie. "Ons het nie eens een trekker nie. Ons het ook nie geld om mense aan te stel om as werkers op die plaas te werk nie." Didiza het gesê dat die departement van grondsake heeltemal te min geld het. "Ons doen wat ons kan met die min geld wat ons het." Volgens haar is daar ook te min hulpbronne vir die begunstigdes van grondhervorming. Sy het weereens na kommersiële boere gekap en gesê dat die proses van gewillige koper, gewillige verkoper die grondeiseproses vertraag. "Die onderhandelings vat te lank en die boere wil te veel geld vir hulle grond hê." Didiza het die sowat 1 500 mense gepaai en gesê indien hulle grond wil bekom, dit moontlik is deur 'n verskeidenheid van projekte wat die regering het. 'n Kleinboer in die Mopanistreek van Limpopo wat met vrugte boer het gesê die regering moet iets begin dóén. "Ek sien net probleme vir boere oral in die provinsie. Ons almal ly, wat doen die regering?"
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|