Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
2 skaars plante langs Pta-pad gelos
Twee reuse-broodbome waarvoor ’n plantsmokkelaar maklik R250 000 sou betaal, is verlate langs die N1-hoofweg buite Pretoria gevind. ’n Oplettende kwekery-eienaar het Saterdagoggend die plante langs die pad tussen die Wallmansthal- en Murryhil- afrit sien lê. “Dit was ’n skrikwekkende ding om te sien,” het hy aan Beeld vertel. Volgens me. Cornia Hugo, assistent-direkteur van natuurbewaring in Gauteng, is dit duidelik dat die plante onwettig uitgehaal is. Sy het verduidelik dat die plante se stamme gladgeskuur is soos die diewe probeer het om die roetmerke te verwyder wat deur veldbrande veroorsaak is. Hugo sê die twee plante is baie oud. Fossielplante soos dié twee Encephalartos laevifolius-reuse groei gemiddeld net 1 of 2 cm per jaar, afhangend van die habitat waarin dit voorkom. Dis ’n bedreigde spesie wat ingevolge wetgewing spesiale beskerming geniet. Die twee broodbome is onderskeidelik 2,7 m en 2,3 m lank. Teen sowat R500/cm sal die plante maklik R250 000 op die swartmark haal. Hugo vermoed die plante is langs die pad gelos nadat die diewe moontlik vir iets soos ’n padversperring geskrik het. Sy het beduie na die wortels wat met die uithaalslag afgekap is en meen dis onwaarskynlik dat die plante weer sal groei. Volgens Hugo skeel dit die diewe en onwettige kopers egter min omdat hulle bereid is om die kans te waag om een van dié statussimbole te besit. “Die mense in plattelandse gebiede wat die goed uithaal, werk op bestelling. Hulle word baie min betaal. Dis die smokkelaars hier wat groot geld maak as hulle dit weer verkoop.” Volgens Hugo is 19 sake van plantsmokkelary verlede jaar net in die Sinoville- gebied in Pretoria ondersoek. “Plante soos dié twee word ingevolge Natuurbewaringsordonnansie 12 van 1983 beskerm. Mense moet permitte hê om broodbome te besit, te verkoop, te vervoer of vir die in- en uitvoer daarvan.” Tog is die strawwe wat aan plantsmokkelaars opgelê kan word, lig in vergelyking met die wins wat hulle maak. In Gauteng staar ’n boete van R15 000 of nege maande tronkstraf hulle in die gesig. Volgens Hugo is dit egter moeilik om veldplantdiewe en smokkelaars suksesvol te vervolg omdat die bewyslas dikwels moeilik is. Diewe weet byvoorbeeld van die mikroskyfies wat natuurbewaringsowerhede inplant wanneer permitte gegee word. Die skyfies word verwyder en in ’n soortgelyke veldplant ingeplant om die plant wettig te probeer maak. Vir navrae of om soortgelyke voorvalle aan te meld, kan Gauteng-natuurbewaring by 0 082 759 0078 gekontak word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|