Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

‘Kundige’ diewe steel R1,5 m. se broodbome
Aug 22 2006 09:19:14:060PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Buks Viljoen

Nelspruit. – Broodbome ter waarde van R1,5 miljoen is die afgelope vier weke uit die Laeveld Botaniese Tuin gesteel.

Ondanks bykomende veiligheidswagte wat die afgelope twee weke by dié tuin ontplooi is om die diefstal hok te slaan, is 21 bome ter waarde van sowat R65 000 verlede Dinsdagnag gesteel.

Baie van die broodbome, wat almal ongeveer 30 cm hoog is, is deel van die tuin se permanente uitstallings, maar daar is ook saailinge wat uit die kweekhuis gesteel is.

“Daar is sedert Januarie ’n geweldige oplewing in die diefstal van die gesogte ‘blou’ soort broodbome in die Laeveld,” sê sers. Erika Oosthuizen, ondersoekbeampte van die georganiseerde misdaadeenheid (GM) in Nelspruit.

“Blou” soort broodbome sluit in spesies soos Encephalartos cupidus waarvoor ’n permit nodig is.

“Die plante is baie skaars en word gesteel deur mense wat presies weet waarna hulle soek.

“Die grootste probleem is dat die 45 plante wat tot nou gesteel is, nie met mikroskyfies gemerk kon word nie omdat dit nog te jonk was.”

Oosthuizen sê die meeste van die gesteelde plante is bestem vir die swartmark in Gauteng. “Die gesogte broodbome word vir tot soveel as R130 per sentimeter lengte verkoop.”

Sy sê hulle is ook bewus van talle planthandelaars in die Laeveld wat betrokke is by die onwettige handel van skaars broodbome.

Enige inligting in verband met die diefstal kan aan Oosthuizen deurgegee word by 0 082 304 0048.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |