Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
WVK moes
armoede
getakel het,
sê Ramphele
Kaapstad. – “As ons nie die opsetlike verarming van mense onder apartheid aanpak nie, moet ons nie verbaas wees as daar woede en brutaliteit op ons strate is nie,” het die sakevrou dr. Mamphela Ramphele gisteraand gesê. Ramphele het gisteraand tydens ’n konferensie oor die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) by die Universiteit van Kaapstad skerp kritiek teen die regering se “louwarm reparasie” aan apartheidslagoffers uitgespreek. Dit het gekom te midde van slagoffers se versoeke om die WVK-proses te heropen. Ramphele het gesê die WVK het ’n groot fout begaan deur net op politieke misdade te fokus en nie op sosio-ekonomiese misdade ook nie. “Die meerderheid mense van dié wat hulself opgeoffer het (gedurende die WVK-proses) sodat ons gesond kan word, is ook mense wat met opset verarm is (deur die apartheidsregering). Hulle bloei steeds en hul pyn word nie erken nie.” Sy het gesê sy stem nie saam met diegene wat meen die vryheidstryd is nie gestry vir materiële beloning nie, want mense soos sy, asook regeringsleiers, het wel hul beloning gekry. Sy het gesê sommige leiers sê maklik hulle was nie in die struggle om arm te bly nie, maar daar is steeds soveel mense wat hulself en hul familielede opgeoffer het en met niks sit. Mevv. Maria Ntuli en Lizzie Sefoko, wie se seun en man onderskeidelik deel was van die Mamelodi-tien, wat wreed deur die apartheidsregering in 1986 vermoor is, het albei gevra dat die WVK-proses heropen word. Sefoko het gesê hoewel sy deel van die proses was, is daar steeds baie mense waarvan sy weet wat nie deel daarvan was nie en wat graag sou wou deelneem. Daardie mense het ook nie reparasies gekry nie. “Die WVK het nie al hulle beloftes gehou nie, maar hulle het steeds baie vir ons gedoen.” Hiermee het sy na die soeke na die oorskot van haar man verwys, ’n lang proses wat steeds nie afgehandel is nie. Sy het egter gesê mnr. Adriaan Vlok, oudminister van wet en orde, se onlangse voetewassery van ’n groep vroue van Mamelodi het dit vir haar moontlik gemaak om te vergewe. Dr. Desmond Tutu, emeritus aartsbiskop en voormalige WVK-hoof, het gesê hy is hartseer dat die WVK nie al hul beloftes kon hou nie, maar hulle was ook maar aan die parlement uitgelewer. ) Vir meer inligting, besoek www.trc10.co.za.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|