Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Verkeer onder boom oor huurgeld
Jan 02 2007 09:30:08:447PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Brits. – Dié dorp se verkeersbeamptes sit nie net meer onder bome om verkeersoortreders vas te trek nie – hulle vergader ook nou soggens onder ’n boom voordat hulle met hul dagtaak begin.

Mnr. James Moche, Noordwes-verkeerswoordvoerder, het gister bevestig Brits se verkeersdepartement is sowat drie weke gelede uit sy kantore geskop weens agterstallige huurgeld.

Alternatiewe kantoorruimte word volgens Moche gesoek, maar intussen is die krisis nie te groot nie omdat verkeersbeamptes “in elk geval meestal op straat moet wees”.

Bewerings word ondersoek dat die huurgeld agterstallig geraak het weens die nalatigheid van ’n amptenaar wat die betalings moes doen. Moche het gesê dit is ’n “komplekse situasie”.

Een van die alternatiewe kantoorgeboue wat tans oorweeg word, is minstens 20 km buite Brits. Verkeersbeamptes is glo nie baie ingenome met dié afstand werk toe nie.

Moche het gesê hy dra nie kennis van bewerings dat die Brits-beamptes die afgelope vier maande ook sonder telefone en elektrisiteit moes klaarkom nie. – Linda de Beer


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |