Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||
|
Pansat pak departement in hof oor nommerplate se nie-veeltaligheid
’n Taalstryd oor die woorde The Platinum Province op Noordwes se nommerplate sal môre in die hooggeregshof in Mmabatho voortgesit word. Volgens ’n verklaring deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) neem hulle Noordwes se departement van paaie, vervoer en gemeenskapsveiligheid hof toe omdat dié departement “nie die taalverskeidenheid van die provinsie in ag neem nie”. Ene mnr. E de C Pretorius het in Julie 1999 ’n klag by Pansat ingedien oor die beskrywing van die provinsie op nommerplate, sonder dat voorsiening gemaak is vir dieselfde bewoording in Afrikaans en/of Tswana. “Die voorrang wat Engels geniet, skep ’n ongelyke verhouding tussen dit en ander tale,” het me. Ntombenhle Nkosi, uitvoerende hoof van Pansat, gesê. Ná ses jaar waarin nie veel vordering gemaak is met Pretorius se klag nie, het Pansat besluit om hom tot die hof te wend. “Dié departement wil hê dat taalongelykheid voortleef. “Pansat se bedoeling is om taalregte te waarborg en dit word ondermyn deur departemente wat nie veeltaligheid wil bevorder nie. “Ons kan nie toelaat dat dié situasie voortgaan nie. Instellings het al die laaste 13 jaar die geleentheid gehad om veeltaligheid daar te stel,” meen Nkosi.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|