Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||||
|
Vuurdrama so moeilik soos Oceanos-redding
Durban. – Die drama wat hom eergisteraand op die dak van ’n brandende toringgebou in die middestad hier afgespeel het, toe meer as 90 mense met helikopters gered moes word, was vir die vlieëniers net so senutergend as die Oceanos-seeredding in 1991. Sy helikopter het in sterk rukwinde bo die Seaboard-hotel se dak soos ’n bees in ’n rodeo gebokspring terwyl hy besef het daar is geen ruimte vir foute nie, het sr.supt. René Coulon van die polisie se lugvleuel in Durban gister oor dié reddingsoperasie vertel. Hy was een van vier helikoptervlieëniers wat eergisteraand beurte gemaak het om die vasgekeerdes van die Seaboard se dak te red. Die Durbanse haweloods se Augusta 109-helikopter, asook ’n Oryx- en BK 117-helikopter van die lugmag se 15 Eskader was ook by die reddingsoperasie betrokke. Coulon was in 1991 een van die lugmag se helikoptervlieëniers wat meer as 570 mense van die Griekse passasierskip Oceanos gered het terwyl dit in ’n storm aan die Wildekus gesink het. “Dit was dieselfde soort druk. Ons het besef ons is dié mense se enigste hoop om te oorleef,” het Coulon gesê. “Aanvanklik voel die situasie oorweldigend. Jy dink by jouself: ‘O vrek, dinge kan enige oomblik lelik skeefloop.’ “Die helikopter het die heeltyd dié kant toe en dáái kant toe geruk, maar mens moes maar net deurdruk. Dit was soos om aan ’n rodeo-bul vas te klou,” het Coulon gesê. ’n Wind het van die see gewaai wat ’n helikopterrit oor die stad se hoë geboue selfs in mooiweer maar baie stamperig maak, het kapt. Jason Springett, vlieënier van die Oryx, gesê. Van die seekant was daar rukwinde van tot meer as 55 km/h en van die ander kant het die vlamme vir onstuimige lugstrome gesorg, het Coulon gesê. Tussen die bousels en antennas op die dak was net 4 m² waarin hy ’n kabel uit sy Squirrel-helikopter kon neerlaat om mense op te hys, het Coulon gesê. Terselfdertyd was daar oral digte rook wat by tye selfs in die helikopter ingedwarrel het sodat mens amper niks kon sien nie, het Coulon gesê. “Intussen weet jy die vlamme kan enige tyd só opbou dat dit van een vloer na ’n ander spring. Ons het glad nie geweet hoeveel tyd ons het nie.” Selfs die groot, kragtige Oryx was moeilik om te beheer. “Ek was bly om weer by die huis te kom,” het Springett gesê. Mnr. Gary Paul, ’n paramedikus van Netcare 911, wat die redding van die Seaboard se dak gekoördineer het, het gesê daar was eers net 20 mense wat gered moes word toe Coulon hom omstreeks 20:00 op die dak neergelaat het. Toe hy weer sien was daar skielik 60 en toe byna 100.
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|