Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Groep Christene bid vir rockers en konsertgangers
’n Groep Christene het tydens die 777 Rock teen geloof-konsert in Pretoria vir die siele van die rockers en hul aanhangers gebid en die “Onse Vader” gesing. ’n Paar honderd konsertgangers het dié omstrede konsert in Hazelwood bygewoon. Die bidgroep van ongeveer 13 mans en ’n kind het ’n paar treë weg van die ingang rondom ’n posbus gestaan en bid. Dié groep wou nie hulself identifiseer nie, maar een van die mans wat ook anoniem wou bly, het gesê dat hulle nie daar was vir publisiteit nie. “Ons staan juis eenkant omdat ons nie publisiteit soek nie. “Ons voel dat hierdie ouens (die rockers) moontlik êrens in hul lewens baie seergekry het en dat hulle die verkeerde beeld van Christene het,” het die man gesê. Hy voer verder aan dat hulle, net soos die rockers, die grondwetlike reg het om daar te staan en hul keuse van geloof uit te oefen. “Ons stem saam met vryheid van geloof, daarom het ons besluit dat ons ook die reg het om hier te wees en vir die ouens te bid. Ons wil vir die jong mense wys dat ons Nuwe Testament-Christene is wat net die liefde van Jesus wil uitstraal,” het die man bygevoeg. Die groep is kort ná hul aankoms daar weg nadat ’n paar van die konsertgangers hulle begin uitlag het. Volgens William Bishop, baskitaarspeler van Architecture of Aggression (AOA), was hy egter beïndruk met dié groep se besluit om vir hulle te kom bid. “Ons sou nie die konsert kon aanbied as ons nie die Grondwet gehad het wat ons tans het nie. Dit is dus hul demokratiese reg om vir ons te kom bid en ek haal my hoed vir hulle af, want baie ander gelowiges sou nie dieselfde gedoen het nie.” Volgens mnr. Allen Hiscock, een van die uitsmyters wat die aand diens gedoen het, was daar geen probleme nie. “Die konsert het vlot en sonder enige probleme verloop. Ons het egter baie minderjarige kinders deur die loop van die aand weggewys.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|