Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Najwa kry nie borgtog
Jul 12 2007 11:13:54:323AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Twee van die vier beskuldigdes in die Taliep Petersen-moordsaak is Donderdag borgtog geweier in die streekhof in Wynberg.

Hulle is Petersen se weduwee, Najwa, en mnr. Abdoer Emjedi.

Landdros Robert Henney het gesê gegewe die grusame en barbaarse wyse waarop Petersen aangeval en doodgeskiet is, sou dit woede in die gemeenskap veroorsaak en die kriminele regstelsel ondermyn indien mev. Petersen, wat na bewering die doodskoot afgevuur het, vrygelaat word.

Petersen is vir 30 dae waarneming by die Valkenberg psigiatriese hospitaal verwys sodat onder meer vasgestel kan word of sy hofverrigtinge kan verstaan en of sy verantwoordelik gehou kan word vir haar dade.

Die moordverhoor is uitgestel tot 25 Februarie 2008. - Sapa

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

 
najwa kry nie borgtog, 12/07/2007, jonh
Duidelik dat die publiek haar reeds as skuldig veroordeel het. Wat dryf 'n vrou om haar eie man te vermoor? Miskien moet ons wag om al die faktore aan te hoor en verstaan voor ons oordeel.
Najwa kry nie borgtog,, 12/07/2007, Beryl
Die regstelsel het ons nie hierdie keer gefaal nie. Sy moet vir die res van haar lewe in die tronk sit en dink oor wat sy gedoen het. Ek hoop haar gewete pla haar so dat sy sommer haarself uitwis.(As sy 'n gewete het )
najwa kry nie borgtog:, 12/07/2007, danie
Dis die beste nuus ooit. Ek hoop nou net nie een of ander Judge gaan weer ingeroep word om die ruling te change nie. Ek hoop ook onse Ministers sien die berigte en kommentaar. Ek wens net dieselfde Judge wil Gauteng toe hom en die Uwe, Mr.Robbert Mc Bride, Metro police hoof van Gauteng, ook laat proe hoe smaak reg en geregtigheid, en nie sy korrupte idees van 'n regstelsel nie. Wat goed is vir een,is goed vir almal, of dalk nie regtig vir die bomplanter, en wapensmokkelaar nie.
Najwa kry nie borg, 12/07/2007, Christelle Olivier
Sy moet nou kry wat haar toekom. Haar optrede is onvergeeflik. Sy verdien die doodstraf.Hoe kan enige mens jou eie man op so 'n manier vermoor? Dit is onmenslik.
Najwa, 12/07/2007, DOREEN
Die landdros is heeltemal reg!! Die vrou moet gehang word, net soos talle ander misdadigers, net jammer die regering sien dit nie so nie. Ek stem saam met jou Maryna.
Najwa kry nie borgtog, 12/07/2007, Anneli
DANKIE TOG!!! So 'n wrede, slinkse, agterbakse mens moet hang - ek hoop en bid doodstraf kom weer terug. Alle respek vir die landdros!
Najwa, 12/07/2007, Tess
Sy hoort in 'n slegter plek as die tronk. Gooi die sleutel weg en vergeet van haar!!!!!!!!!!
Najwa kry nie borgtog, 12/07/2007, Anita
Sy hoort in die tronk, gooi sommer die sleutel weg.
Nawja Pietersen, 12/07/2007, Marinda
Tien hoera's vir die judge. So 'n geslepe, beplande moord hou haar waar sy is. Sy het gedink sy gaan lekker lewe met die miljoene wat sy sou erf, sy het meer as genoeg gehad by Taliep en nou kan sy sonder dit klaar kom in die gevangenis. Leer 'n les vir al die beplande moorde....Haar dogtertjie het nie haar opvoeding van Najwa nodig nie want dit kan dalk net wraak planne wees.
Najawa kry nie borgtog, 12/07/2007, Veronica
Dit is die beste nuus in maande. Sy verdien om vir die res van haar lewe in die tronk te sit. Miskien begin ons regstelsel nou besef almal kan nie maak soos hul wil nie en open al die vorige sake. Net jammer die gevangenis is so goed vir die oortreders. Kry tot nagereg.
Najwa kry nie borgtog, 12/07/2007,, 12/07/2007, Sandra
Sulke mense hoort uit die gemeenskap verwyder te word, ons land kan sonder hulle - Die doodstaf moet terugkom.
Moord op Taliep, 12/07/2007, Maryna
Haar verdiende loon - wens die doodstraf wil terugkom sodat mense soos sy hulle verdiende loon kan kry die Bybel se oog vir 'n oog sy moet in werklikheid gehang word vir haar dade.
Najwa kry nie borgtog, 12/07/2007, Lizette
Dankie, Gee haar lewenslank tronkstraf in een van die goorste tronke in ons land - sy moet boet vir haar dade en weet dat geld nie vryheid kan koop na so misdaad nie.
Najwa kry NIE borgtog, 12/07/2007, Chrizelle
Najwa hoort in die tronk! Die hof sal deur sulke optrede weer ons vertroue in die regstelsel herstel. Ek hoop Najwa word swaar gestraf, sy verdien alles wat sy kry. Taliep se dogtertjie is beter af sonder die moordenares. CD
Najwa kry nie borgtog, 12/07/2007, Wilma van Jaarsveld
Wat 'n slim landdros, laat 'n mens beter voel oor 'n regstelsel wat blyk partykeer die man op die straat in die steek te laat.
PIETERSEN, 12/07/2007, Bokka
Ja, haar turf moet sit. Sy moet sommer gaan hang.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |