Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Man dood tydens skyfskiet
'n Man van Fochville in Noordwes is tydens 'n skyfskiet-oefening dood. Die 43-jarige mnr. Wim Norris is geskiet toe hy Woensdagmiddag 'n teiken nagegaan het. Hy het glo vir sy vriend geskree dat hy maar kan skiet, omdat hy (Norris) gaan platlê. Volgens familielede is die gras waar hulle teiken geskiet het lank en Norris het agter die teiken gaan lê. Sy vriend het skote afgevuur. Sy vriend het hom geroep, maar geen antwoord gekry nie en toe op Norris se lyk afgekom. Hy is in die nek getref. 'n 37-jarige man is Donderdag op 'n moordklag gearresteer nadat hy uit die hospitaal ontslaan is waar hy vir skok behandel is. Hy verskyn Donderdagmiddag in die Fochvillse landdroshof in verband met die saak.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|