Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Swembad-pyp was glo sonder suigkrag
Jul 17 2007 08:02:35:223PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Antoinette Pienaar

Daar was geen suigkrag in die pyp waarin Halaletsang Nkome se arm in ’n munisipale swembad in Pretoria vasgesit het nie.

Só beweer die Tshwane-metroraad ná ’n ondersoek rondom die omstandighede van die ongeluk wat uiteindelik tot die agtjarige seuntjie se dood in die Kalafong-hospitaal gelei het.

Halaletsang is in Maart in ’n dramatiese reddingspoging uit die Gert van Schalkwyk-swembad in Danville gered.

Hy het onder die water mond-tot-mond-asemhaling gekry en die swembad is leeggepomp om die watervlak af te kry.

Volgens mnr. Console Tleane, kommunikasiehoof van die Tshwane-metroraad, is die seuntjie se hand nie by die pyp ingesuig soos in verskeie berigte beweer is nie.

Volgens hom was slegs die filtrasiemeganisme aan en is daar geen suigkrag in die pyp tydens filtrasie nie.

“Die suigkrag word slegs aangeskakel wanneer die swembad skoongemaak word en dit was nie die geval nie.”

Tog kon verskeie volwasse mans, omstanders, sowel as lede van die nooddienste, nie die seun se arm uit die pyp trek nie.

Die ondersoek bevestig ook dat die pyp nie bedek was nie.

Volgens die Tshwane-metroraad “kan dit wees dat die kind per ongeluk sy hand in die pyp gedruk het. Hy het dit sekerlik nie aspris gedoen nie.”

Me. Adelaide Nkome, Halaletsang se ma, beweer haar seun het ná die reddingspoging, toe hy met haar gepraat het, gesê hy is in die pyp ingesuig.

Die Gautengse departement van gesondheid het vroeër vandeesmaand ook beweer hy is nie verantwoordelik vir die kind se dood, enkele ure ná sy redding, nie.

’n Woordvoerder, mnr. Vusi Sibiya, het kort ná die voorval gesê dokters by die Kalafong-hospitaal het Halaletsang behandel vir ’n sagte-weefsel-besering aan sy regterarm.

“Dokters is ingelig dat die seun se kop die heeltyd bo die water gehou is terwyl sy arm bevry is. Hy was by sy volle bewussyn en was stabiel.”

Later het die departement beweer hy is wel behandel vir byna-verdrinking.

Gister het ER24, die nooddiens wat die seun na die hospitaal vervoer het, egter bevestig dit is duidelik op oorgee-dokumentasie aangedui dat hy byna verdrink het.

Beeld het betroubaar verneem die hospitaalpersoneel by ongevalle was nie baie entoesiasties om na die nooddienswerkers te luister nie.

Nkome het gister gesê die familie oorweeg steeds regstappe, maar het nog nie ’n prokureur nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |