Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Ons sal met DA saamwerk vir referendum,' sê Khutsong
Jul 17 2007 09:02:15:650PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Linda de Beer

Khutsong. – Inwoners van dié geweldgeteisterde township vra al lankal om ’n referendum sodat hulle self kan sê of hulle in Noordwes of in Gauteng wil woon.

En hulle sal met enige party saamwerk wat hulle hierin steun.

Só het die Khutsong Demarcation Forum gister gereageer op ’n verklaring van die DA dat ’n referendum die oplossing is vir probleme in die township.

Mnr. Paul Ncwane, woordvoerder van die forum, het gesê die uitslag van só ’n referendum sal minstens 95% ten gunste van herinlywing by Gauteng wees.

Dié persentasie is gegrond op vorige meningspeilings.

“Die referendum moet wees in die naam van die gemeenskap en nie in dié van ’n politieke party nie. Ons vra al lankal daarvoor,” het Ncwane gesê.

Mnr. Willie Doman, DA-woordvoerder oor plaaslike regering, het gesê daar was nooit voldoende konsultasie met Khutsong se inwoners voordat die provinsiale grense herafgebaken is nie.

Hy sê dis die rede vir die herhaaldelike openbare geweld.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |