Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Jeuggroep gekaap, geroof, gevers
Jul 30 2007 09:16:03:167PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Molefi Masunyane (22), me. Linda Mbethe (22), mnr. Buck Matyila (21), me. Sannie Phukubje (19), mnre. Shannon Naidoo (21) en Tebogo Mohali (24) kan nou lag oor vreemde dinge wat gebeur het toe hul spanbussie gekaap is. Toe dit gebeur het, was dit toe nie so snaaks nie. Foto: Johann Hattingh
Sanri van Wyk

Met water en ’n Bybelvers het ’n kaper lede van ’n jeuggroep, wat mense oorreed om hulle van seks te weerhou, gelawe terwyl hulle vier uur lank aangehou is.

Me. Linda Mbethe (22), die spanlid wat die bussie bestuur het, sê sy en mnr. Shannon Naidoo (21), ’n mede-spanlid, is beseer nadat hulle met die vuiste bygedam en erg rondgepluk is.

Hulle is nou weer perdfris.

Dié twee en me. Sannie Phukubje (19), mnre. Tebogo Mohali (24), Molefi Masunyane (22) en Buck Matyila (21), almal lede van die Silver Ring Thing-veldtog, is Saterdag hul splinternuwe Toyota Siyaya-spanbussie kwyt toe hulle 12:30 in Kliprivierstraat op pad na hul kantore in Victory Park, Johannesburg, gekaap is.

Dié veldtog is daarop gemik om veral tieners te oorreed om hulle van seks voor die huwelik te weerhou.

Mbethe vertel hulle het Saterdag ’n donkerkleurige Audi A3 baie naby agter hulle sien ry.

“Hy het aanhou wys na iets. Ons het gedink hy bedoel iets is fout met die bussie en ons het stilgehou. Hy het langs ons stilgehou, uitgeklim en gemaak of hy aanwysings na Alberton wil hê. Voor een van ons hom die kaartboek kon wys, het hy in die bussie gespring, my weggestamp en die sleutels uit die aansitter geruk,” sê Mbethe.

’n Silwer BMW het agter hulle en ’n wit Polo voor hulle stilgehou en nog sewe mans het uitgeklim. “Drie van hulle het saam met ons in die bussie geklim, terwyl die ander mans die ander twee voertuie bestuur het.

“Hulle het my op my bene geslaan en Shannon in die gesig en ribbes geslaan,” sê Mbethe.

Sy sê een van die mans het heeltyd ’n vuurwapen op hulle gerig. “Hulle het ons almal se selfone en R300 van my geborgde geld gevat. Hulle het gesê ons moet afkyk.”

Mbethe sê hulle is na ’n township geneem waar hulle teen ’n muur gedwing is terwyl die kapers sowat vier uur lank die bussie “skoongemaak” het, soos om logo’s en die opsporingstoestel te verwyder.

Naidoo vertel een van die mans het vir hulle uit sy (Naidoo se) Bybel voorgelees. “Hy het ’n vers gelees wat sê ‘God help mense wat hulself help’.”

Hy het ook vir hulle gesê hy sal hulle nie doodmaak nie, want hy is ’n Christen en “hy ken die waarheid”, sê Naidoo. “Hy het gesê die ander, wat nie die waarheid ken nie, sal wel doodmaak.”

Een van die mans was glo vroeër die middag op die punt om Naidoo te skiet omdat hy geweier het om plat te lê.

“Die gawe kaper het hom egter gekeer,” sê Naidoo.

“Ons is later in die nuwe bussie gedwing. Een van die kapers het gesê hulle kaap net maatskappyvoertuie,” sê Mbethe.

Hulle is later afgelaai en aangesê om te hardloop sonder om om te kyk.

Masunyane het een van sy twee selfone in sy onderbroek weggesteek toe die kapers vroeër hul fone afgeneem het.

Daar was net genoeg lugtyd om hul spanbestuurder te bel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |