Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Pa van Jhb keelaf gesny in rooftog
Aug 28 2007 10:53:20:823PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Candice da Gama


Hy is koelbloedig vermoor toe hy sy familie wou beskerm.

Mnr. Justin Browne (31) van Northworld, Randburg, is die naweek dood toe gewapende rowers sy keel voor sy dogtertjies, Daniella (7) en Robin (4), afgesny het.

Browne was ’n bestuurder by Strike Productions, ’n maatskappy wat glansgeleenthede reël.

Mnr. David Hossy, ’n familievriend van die Brownes en direkteur van Strike Productions, het kort ná die voorval by hul huis opgedaag.

Hy het gister vertel dat vier gewapende rowers by die Brownes ingebreek het, hulle vasgebind en die huis geplunder het.

“Hy wou net sy familie beskerm en toe word hy vir R200 en ringe vermoor – dis baie tragies,” het Hossy gesê.

“Hulle het ’n plasmaskerm-televisiestel en skootrekenaars in Justin se motor, ’n Audi A4, gelaai, maar het nie daarmee gevlug nie. Al waarmee hulle kon wegkom, was R200, ’n selfoon en ’n skootrekenaar.”

Hossy het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 21:00 gebeur.

Volgens Hossy kon Browne se vrou, Geordie, loskom en het sy ’n paniekknoppie gedruk. Sy is in die arm geskiet.

Hul oudste seun, Tristan (11), was nie by die huis nie.

“Justin was ’n toegewyde pa en man en ’n waardevolle kollega. Hy was easy going en hardwerkend,” het Hossy gesê.

Mev. Browne kon gister nie met Beeld praat nie.

Volgens Hossy het die Honeydew-polisie kort ná hom op die toneel aangekom.

’n Begrafnisdiens word Vrydag om 14:00 by die Johannesburgse Church of Christ gehou.

Kapt. Bheki Mavundla, polisiewoordvoerder, kon nie die voorval gister bevestig nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |